Saturday, January 8, 2011

Rol van vroue in gemeentes


33st Laan 577
Villieria
0186
8 Julie 2009
071 685 9211
Die Redakteur
Beeld
Faks: 011 713 9956/7

Geagte Redakteur

Onderstaande brief word aangebied vir plasing in u koerant.

Dankie
Die uwe


WM van Heerden


Artikel van Adrio König oor die vrou

Na aanleiding van Adrio König se artikel in Beeld van 7 Julie, my kommentaar. Dit is nie dat die Bybel sê ‘n vrou altyd in die gemeente moet stilbly nie. ‘n Vrou mag tog wel profeteer en bid (1 Kor. 11:5) maar nie in die byeenkoms [wat vergelykbaar is met ons erediens van vandag nie (1 Kor. 14:34,35)]. In die byeenkoms moet byvoorkeur net twee of drie mans spreek. Die ander tekse wat hy aanhaal moet saamgelees word met die reeds genoemdes, m.a.w. in die erediens. Om te beweer dat volgens 1 Tim. 2:11-12  ‘n vrou in die algemeen aan mans onderdanig moet wees is nie waar nie. By wyse van spreke is sy onderdanig, maar moet eintlik net in stilte onderrig ontvang. Verder: In Ef: 6:5-9 en Kol. 3:22 sê Paulus doodeenvoudig dat slawe en diensknegte hulle werk goed moet doen. Hy lewer geen uitspraak oor slawerny nie. Sy opdrag is soos om vir iemand te sê: “jy moet tevrede wees met jou werk, doen dit goed.” Maar, vanselfsprekend wil dit tog nie sê dat hy nie ‘n verhoging mag aanvaar nie. Of, dat dit nie beter vir ‘n slaaf is om ‘n vryman te wees nie!

Oppervlakkighede in die Bybel mag wel by huidige tye se gebruike en modes inskakel, soos hoe om mekaar te groet of wat om aan te trek. Maar die rolle van mans en vroue in die gemeente en in die huisgesin is ‘n belangrike strukturele saak. Dit mag nie verander nie. Buite die gesin en gemeente kan die vrou enigiets doen, selfs president van die land word. Maar daar binne is haar rol, wat ewe belangrik as die man s’n is, uitgespel . Die mans ouderlinge regeer die gemeente waarvan Christus die hoof is en hulle beskerm onder andere die gemeente teen valse leerstellings. So ook die man by die huis. Hierdie genoemde mans is dus in dié hoedanigheid almal leiers—Christen leiers wat lei deur te dien.

Willem NT (Nie-Teoloog) 

Tot sover die brief wat nooit geplaas is nie. Wat volg is ‘n bietjie nabetragting.

Anders as wat baie maal deesdae gesê word, het die Christenvrou ‘n hoë status. In die ideale Christenhuwelik is die ma die spil waarom alles draai en sy word hoog ge-eer. Sy stap eerste voor haar man en kinders by die deur in; as sy ‘n pakkie moet dra spring almal om haar te help; sy maak van die huis ‘n tuiste met ‘n blommetjie of wat en plaas die meubels op die regte plek; sy dra die belange van al haar kinders en kleinkinders op die hart en help or reël vir hulp vir enige van hulle waar nodig; sy sorg dat daar sop of iets anders is  waarom die hele familie so dikwels as moontlik sal kan saamkom.

Sy “maak ook tuin” en die man moet die beddings spit en plantjies plant! Sy klim in die kar en kyk in die spieëltjie wat agter haar sonskerm vasgeplak is. Dan krap sy in die rommelkassie rond op soek na iets tussen al haar goed waarvan die rommelkassie vol is, ens.!

Die man is meer in die agtergrond (‘n Bybelse leier is daar om te dien). Hy sorg vir Bybel-onderrig in sy gesin en vir dissipline. Hy het verder meer te doen met wat buite aangaan en met die groter beslissings waarvoor ‘n gesin te staan kom. Hy sal enige saak wat ‘n groot beslissing verg met sy vrou bespreek en sover as moontlik ook aan haar voorkeure probeer voldoen, maar waar dit nie anders kan nie, gee sy beslissing deurslag. Hy sal byvoorbeeld besluit dat die gesin hierdie gemeente wat agter die mode van die dag aanloop moet los om by ‘n by ‘n Bybelgetroue gemeente aan te sluit.

No comments:

Post a Comment