Saturday, January 8, 2011

Boek van ‘n gelowige Sjinees


Boek van ‘n gelowige Sjinees
(Faith of our Farthers)

Ek het so pas die boek gelees. Mnr Chan Kei Thong was ‘n ateis wat voor gehore getuig het dat daar geen God is nie. Hy het tot bekering gekom en is nou hoof van skole en opleiding sentra.

In die boek word beskryf hoe die Sjinese aanvanklik, na die toring van Babel, die ware God van die Bybel aanbid het, hoewel die presiese begin tydstip nie bekend is nie. Sy naam was: Shang Di,  Di, or Tian. In die Sjinese Bybels wat later ontstaan het  is die woord vir God in een reeks Bybels “Shang Di” genoem enin ‘n ander reeks “Shen” wat minder presies is.

Die leiers van daardie vroeë tyd, was leiers wat die volk gedien het. Hulle was besorg oor hul mense. Maar, ongeveer 200 VC het Qin Shi Huang, ‘n wrede man, heerser geword. Hy het wel geweldig baie gedoen: die Sjinese volk weer verenig;  die groot muur van Sjina gebou, deur bestaande stukke af te breek, ander te versterk en nuwe dele te bou; 7500 km paaie te bou en vir sy grafkelder het hy 7000 terracotta effens groter as lewensgrote beelde laat maak, elk met eie gelaatstrekke (dit is eers in 1974 ontdek).  Al die werkers aan hierdie beelde en al sy vroue (concubines) en bediendes is hier saam met hom begrawe (hy was maar 50 jaar oud toe hy gesterf het) om die bestaan van die grafkelder geheim te hou. Daar is ook duisende mese dood, sommige weergawes verklaar ‘n miljoen, as gevolg van moeilike werk aan die muur. Huang het ook 460 geleerdes wat oor sy metodes van hom verskil het begrawe.

Hierdie Qin Shi Huang was die eerse personifikasie van die draak wat deur wreedheid onderdane bevrees gehou het en so oor hulle geheers het—dus was dit ‘n wegbeweging van die vroeë heersers se dienende regerings. Hierdie wrede outokratiese metode van oorheersing was die afgelope 2000 jaar die lot van die Sjinese. Draak-modelle word met tye gebruik in rituele, en draakaanbidding is o.a. aan die orde

No comments:

Post a Comment