Saturday, January 8, 2011

Oor 'n doop-preek


Die preek oor die doop

Die Predikant het dit baie mooi duidelik gemaak wat die doop vir gelowiges beteken, en hoe gelowiges daarna kan terugkyk en bemoedig en versterk kan wees. Dit is so.

Ouers van babas wat gedoop word het ook ‘n groot reg om te glo dat die babas gaan groot word as gelowiges. Dink maar aan Josua van die Ou Testament wat op ‘n keer gesê het dat hy en sy huis die Here sal dien. Maar dat dit so sal wees is nie ‘n absolute feit nie. Dit is die voorafbeskikking van God wat bepaal wie gelowiges is.  Alhoewel almal gedoop word is net die uitverkiesdes uiteindelik gelowegis.

Maar, elke kind van 'n gelowige wat gedoop word is wel n kind van die verbond, maar nie noodwendig 'n gelowige nie.

Dit is moeilik om hierdie indruk in ‘n preek oor te dra. Aan die een kant is daar die feite van wat die doop beteken het, en nog steeds moet beteken vir die gelowiges wat na die preek luister. Die gemeente is dankbare deelgenote van die ewige verbond van God wat deur geslagte volvoer word dwarsdeur die Ou Testament (die besnydenis as teken) en nou ook die nuwe testament (die doop as teken). Die groot stroom van gelowiges kom uit gelowige huise, want God werk deur geslagte met gesinne—“tot in die duisendste geslag.” Maar ons weet ook dat baie mense wat die tekens ontvang het nie gelowiges geword het nie. Ons lees dat baie Israeliete afgedwaal het (wat besny was) van wie Judas Iskariot maar een was. En ook vandag ken ons mense wat gedoop is en nie meer gelowiges is nie. Dink o.a. aan almal wat sulke on-Bybelse uitsprake maak. Ons weet dus dat die doop nie ‘n seël is van deelgenoot te wees van die gelowiges nie (maar wel van die Verbond) vir alle babas wat gedoop word.

Volgens my oordeel het Dominee dit te sterk gestel dat daar wel sekerheid van uiteindelik n gelowige te wees is vir die betrokke gedoopte baba.

‘n Interessante boek oor Gereformeerdes se beskouing van die doop is die volgende:
Herman Hanko, “We and our children (The reformed doctrine of infant babtism)” Reformed free publishing association, 4949 Ivanrest Avenue, Grandville, MI 49418-9709

Ouderling Willem van Heerden
3-11-2005

No comments:

Post a Comment