Saturday, January 8, 2011

Beeld waarna die mens geskape is



Hoe die mens geskape is

Wat beteken “na die beeld van God” geskape?

Ek het soms gewonder wanneer ek dié waarheid in artikels gelees het, hoekom daar geen verduideliking daarby is nie. Veral waar die mens teenoor diere gestel word, sou dit veral belangrik wees om nie net te sê dat die mens na God se  beeld geskape is nie, maar ook wat dit beteken. Maar dit word gewoonlik nie gedoen nie en dan verstaan mense dit waarskynlik verkeerd. Ek self het ook nie presies geweet wat om te dink nie. Om te sê “in ware regverdigheid en heiligheid” is net om te sê wat die eienskappe van die eerste geskape mens was. Dit is nie ‘n beskrywing van wat beeld beteken nie.

Dit was dus vir my baie interessant toe ek in ‘n  boekie van Augustinus* daarvan lees. In die boekie kyk hy terug in sy verlede, oor sy afdwaling en ondervindings voor hy by die Waarheid uitgekom het. Onder andere skryf hy:

“I was altogether ignorant that we also have spirits by which we are like to God, and might in Scripture be rightly said to be after the image of God.”

Na God se beeld is dus ‘n geestelike beeld [God is Gees: Joh 4:24]. Ons is met ander woorde geskape met ‘n gees/siel.

Is dit reg só gestel?


 

*The Confessions of Saint Augustine, Whitaker House, 30 Hunt Valley Circle, New Kensington, Pa 15068, 1996, (bl. 61 bo)

Willem, Villieria

Hierdie brief is na die Boodskapper gestuur vir plasing, maar dit is nie geplaas nie. Is die teoloë bang/versigtig om hieroor kommentaar te lewer?

No comments:

Post a Comment