Saturday, January 8, 2011

Kindertalle Augustues 2009


Hoeveel Kinders

Het Moslems meer kinders as ander? ‘n Antwoord hierop kan verkry word deur die “Total Fertility Rate” (TFR) van die verskillende groepe te vergelyk. Die TFR van ‘n volk is die gemiddelde aantal kinders van alle vroue in die volk. Getroude vroue en ongetroude vroue wat nie kinders het nie word ook saam met die ander getel wat wel kinders het om die gemiddeld te bereken. ‘n TFR van 2.1 is die benaderde grens waar ‘n volk se getal mense net konstant sal bly. As dit kleiner is sal die getal mense mettertyd afneem. Daar word beweer dat ‘n TFR van 1.5-1.4 ‘n volk se getalle met ‘n derde sal laat afneem oor elke geslag, as alle ander faktore dieselfde bly. Wat nog van kleiner waardes!

 Om nou Moslems met ander te vergelyk, word Engeland en Nederland as voorbeelde geneem. In Engeland is die verskille seker die grootste wat ‘n mens kan kry, maar dit neem daar ook darem af. Die inligting wat beskikbaar is vir ontleding, is van vroue wat van Moslemlande afkomstig is en nou in Engeland of Nederland woon. Benaderd is hierdie vroue ook almal Moslems (behalwe dié wat in Indië gebore is). Hulle is die “Elders gebore” vroue in die volgende tabelle en word vergelyk met die Engelse of Nederlandse vroue, die “tuis gebore” vroue van die tabelle.

Engeland en Wallis

TFR van vrouens in Engeland en Wallis

Tuis gebore
Elders gebore
Verskil tussen tuisgebore
en elders gebore
Jaar

Indië
Pakistan en
Bangladesh
Indië
Pakistan en
Bangladesh
1971
2.3
4.3
9.3
2.0
7.0
1981
1.7
3.1
6.5
1.4
4.8
1991
1.8
2.6
5.0
0.8
3.2
1996
1.67
2.21
4.9
0.54
3.23
In Indië is die Moslems 13% van die getal mense in hul land en in Pakistan  en Bangladesh is die Moslems 97% en 83% van die totale getalle in die onderskeie lande. Die “Pakistan en Bangladesh” mense is 3% van die totaal in Engeland en Wallis.

Nederland

TFR van vrouens in Nederland

Tuis gebore
Elders gebore
Verskil tussen tuisgebore
en elders gebore
Jaar

Morokko
Turkye
Morokko
Turkye
1990
1.55
4.90
3.15
3.35
1.60
1995
1.47
3.37
2.46
1.90
0.99
2000
1.65
3.22
2.18
1.57
0.53
2005
1.68
2.87
1.88
1.19
0.20
In Morokko en Turkye is die Moslems onderskeidelik 99% en 99.8% van elke land se totaal
In Nederland is die Moslems 7% van die totale getal mense

Die “tuis gebore” kolom sal ook benaderd die waardes vir Christene wees, hoewel die TFR waardes van Christene gewoonlik effens hoër is as dié van ongelowiges.

Verandering van TFR in verskillende lande
In bygaande figuur word die verandering van TFR gegee, vir alle mense in die onderskeie lande, vir (1) ‘n gemiddelde waarde vir Nederland en Engeland en (2) vir Turkye en (3) vir Pakistan. Dit gee ‘n aanduiding van Moslemlande teenoor westerse lande.

Voorafgaande inligting is verkry van: www.accessmylibrary.com/coms2/summary_0286-33637489_ITM

Die wêreld TFR = 2.6, met ander woorde die wêreldbevolking het nog ‘n effense toename in tempo  van vermeerdering. Afrkika lande het ‘n relatiewe hoë TFR, hoër as Suid Afrika s’n wat huidig 2.43 is, volgens die VSA se CIA gegewens. Hier volg die TFR van ‘n aantal lande: Indië—2.72, Sjina—1.79, Kanada—1.53; Oostenryk—1.42; Duitsland—1.41; Spanje—1.32; Italië—1.31; Japan—1.22. Almal, behalwe Indië is kleiner as die vervangingsgetal, sommige baie klein!

In Suid-Afrika lyk die TFR grafiek soos in die volgende figuur..
Die TFR waardes vir Suid-Afrika kom uit “Report of the science Committee of the President’s council on demographic trends in SA, http:sarpn.org/documents/d0000104/page2.php. Die laaste gedeelte (2001-2005) is van Statistiek van SA, http://www.statssa.gov.za/publicationsHTML/P03022005/html/P03022005_9.html


Besinning
Uit die figuur blyk dat die Blankes in Suid-Afrika se TFR-waardes al voor 1998 onder die vervangingsmerk van 2.1 was. In 2005 word dit gegee as 1.7. Die Christen gedeelte van die Blankes sal ook maar benaderd dieselfde wees, 1.7 of miskien al 1.6! Is dit Bybels verdedigbaar dat gelowiges nie eers hul getalle kan handhaaf nie, terwyl dit in werklikheid behoort te vermeerder? Is dit reg dat die heidene vermeerder, soos blyk uit bostaande figure, en die gelowiges word minder? Waar is die verbondskinders van die toekoms?

As die gemiddelde aantal kinders per vrou 2.1 moet wees om nie te verminder nie, dan sal daar ouerpare moet wees met 3 of  4 of 5 kinders, want daar is ongetroude vroue en ander wat nie kan kinders kry nie. Gelowiges van die verlede het hulle nie gesteur aan die omringende omstandighede nie. Wat van ons? Wat van die waagmoed van Calviniste wat die Bybel vertolk soos dit sterk en kragtig daar staan, onafhanklik van die mode van die dag, en wat daarvolgens moet lewe?

Ons lees van Israel in Egipte, in die tyd van slawediens: “. . hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig,” en toe die koning van Egipte wou hê dat die vroedvroue die babaseuntjies moet doodmaak het die vroedvroue dit nie gedoen nie, want hulle het God gevrees (Ex. 1:16).

Willem van Heerden, Villieria

No comments:

Post a Comment