Saturday, January 8, 2011

Brief oor kindertal


33 ste Laan 577
VILLIERIA
Tel: 012 333 4020
Selfoon: 082 880 6930

Die Redakteur
Die Boodskapper                                                                                                 2007-07-11
Posbus 11488
Hatfield
0028

Geagte Meneer
Brief aangebied vir plasing
(Waar is die verbondskinders?)
Wat die kindertal in die APK betref, is ‘n baie belangrike basis vir al die ander stapppe wat geneem kan word, glad nie in die Boodskapper van Julie/Augustus genoem nie. Dit is die aantal kinders wat gebore word. Dat dit baie min is kan almal besef as hulle net rondom hulle in gemeentes kyk. Of, as hulle maar in hul eie vriendekring kyk. Ons as gelowiges of APK lidmate, is gemiddeld stadig besig om oud te word, of te verminder in getalle, ongeag al die redes wat in die Boodskapper genoem is. Ons kwyn weg! Daar is nie genoeg Afrikaner/APK kindergeboortes wat jongmens persentasies opstoot nie of wat getalle konstant kan hou nie. Dít terwyl ons eintlik meer moet word sodat daar genoeg jongmense—verbondskinders—vir die APK kan wees, en ook ander wat kan weggaan om daar waar hul heengaan getuies te wees.
Dit neem blykbaar 2.2 kinders gemiddeld, wat elke vrou gedurende haar leeftyd sal hê, om ‘n volk se getalle konstant te hou. Dit beteken dat daar gesinne moet wees met meer kinders om te vergoed vir ander wat nie kan nie, of vir ander wat nie getroud is nie. As dit nie gebeur nie, en die tendens bly soos dit nou is, dan is ons APK gemeentes besig om stadig dood te bloei, al maak ons wat.
Om dus nou meer presies op die probleem af te kom: Is dit Bybels verantwoord vir egpare wat moontlik kan, om daarteen te besluit en net by een of twee kinders te bly?
Deur al die eeue werk die Here deur gesinne in opeenvolgende geslagte: die aartsvaders Abraham, Isak en Jacob. Daarna in Egipte, in die tyd van slawediens, waarvan ons lees: “. . hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig,” en toe die koning van Egipte wou hê dat die vroedvroue die babaseuntjies moet doodmaak het die vroedvroue dit nie gedoen nie, want hulle het God gevrees (Ex. 1:16). Só het die kerk van daardie jare uitgebrei . Só hou die Here steeds Sy Kerk in stand, en brei dit uit, ook deur ons gewone verbondsouers en –kinders, indien daar kinders is!
Gaan ons nou die skakel breek, of ons opdrag uitvoer: “Wees vrugbaar, vermeerder . . . onderwerp”—en God se seën ervaar.

Willem van Heerden

No comments:

Post a Comment