Saturday, January 8, 2011

Die almag van God


Almag van God
Ek is God die almagtige [Gen 17:1]
En God sê; . . .EK IS WAT EK IS [Gen 3:14].
Niemand het ooit God gesien nie [JOH 1:18]
God is Gees [Joh 4:24].

Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie [Joh 1:3]. Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja van ewigheid tot ewigheid is U God. Want duisend jaar is in  U oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak [Ps 90:2, 4].

U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U Here, U ken dit geheel en al. Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! . . . gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. [Ps 139:2, 3, 4, 8,9 10]

Ja, ook—die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande (Ps. 19: 2). As ek die hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? (Ps  8: 4 & 5)

. . . laat ons dit najaag om die Here te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei [Hos 6:3]. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enig-gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.Ek het tot die Here gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo u nie (Ps 16:2). Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! [Openb 4:8].


2 comments:

  1. Willem Baie dankie dat jy slegs verse in die bybel gebruik het om die almag van God te verduidelik.
    Prys die Here.

    ReplyDelete
  2. Willem Baie dankie dat jy slegs verse in die bybel gebruik het om die almag van God te verduidelik.
    Prys die Here.

    ReplyDelete