‘n Genetika Professor sê in 2008:
“Die Primêre Aksioom is nie waar nie”
Die Primêre Aksioom: mense/diere ens. is die produk van mutasies en natuurlike seleksie
Aan die woord is prof. dr. John Sanford1, ‘n professor vir 25 jaar aan Cornell Universiteit:
“Laat in my loopbaan, het ek iets gedoen wat ondenkbaar lyk vir ‘n Cornell Professor om te doen. Ek het begin om die Primêre Aksioom te bevraagteken. Maar ek was maar huiwerig en skrikkerig . . . Deur dit te doen het ek geweet dat ek te staan sal kom teen die “heilige koei” van moderne akademici… Ek het gedwonge gevoel om dit te doen . . . ek moet bely dat ek eenvoudig verwag het om (in my ontledings) teen ‘n muur te bots. Maar tot my eie verbasing het ek geleidelik agtergekom dat die ‘groot en skynbare onaanvegbare fort’ regtig net ‘n kaartehuis is.”
“Om die Primêre Aksioom te bevraagteken het van my geverg om feitlik alles wat ek gedink het ek van Genetika weet weer te ondersoek. Dit was die moeilikste intellektuele poging van my lewe. Diep gewortelde denkpatrone verander net baie stadig (en, ek moet sê, pynlik). Wat ek uiteindelik ondervind het was die algehele omverwerping van hoe ek alles tot nou toe verstaan het. Na ‘n aantal jare van persoonlike stryd het ek ‘n nuwe begrip gehad, met ‘n sterk oortuiging dat die Primêre Aksioom beslis verkeerd is. En, nog belangriker, ek het oortuig geraak dat dit verkeerd bewys kan word aan enige persoon met ‘n redelike oop gemoed. Hierdie besef was tegelyk verfrissend en angswekkend. Ek het besef dat ek ‘n morele verpligting het om openlik hierdie mees heilige van koeie uit te daag. Deur dit te doen, het ek besef dat ek die smaad van die meeste van my kollegas in die akademia op die hals sal haal, om nie eers te praat van die intense teenstand van ander van hoë aansien nie.”
“Wat moes ek doen? Ek het oortuig geword dat die Primêre Aksioom ‘n sluwe aantasting is op die hoogste vlak, en dat dit ‘n katastrofiese impak het op ontelbare menselewens. Verder het alle opjektiewe ontledings wat ek gedoen het my oortuig dat hierdie Basiese Stelling duidelik vals is. Dus, ongeag die gevolge, moet ek dit hard sê: “Die Koning het geen klere aan nie!”
Die Professor het gedoen wat hy beoog het in die boek wat hier aan die einde genoem word. En as ons kyk na wat hy alles in sy lewe op wetenskaplike gebied al gedoen het, moet sy standpunt gewig dra.
Prof. John Sanford het gedeeltelik afgetree vanaf 1998. Hy het onder andere 80 wetenskaplike artikels gepubliseer gekry, en het 30 patente geregistreer. Sy mees belangrike wetenskaplike bydrae betrek drie uitvindings, die “biolistic (‘gene gun’) process, pathogen-derived resistance, and genetic immunization.” ‘n Groot gedeelte van die aangeplante oppervlakte van geneties gemanipuleerde gewasse oor die hele wêreld word gedoen met die ‘gene gun’ van John en sy medewerkers.
Soos ek sy boek verstaan (as ‘n leek op genetika gebied) werk die sogenaamde, hoogaangeslane, “alom teenwoordige” natuurlike seleksie net vir sekere hoof-eienkappe, byvoorbeeld, lang of kort hare op honde. En die seleksie in die natuur werk nog baie maal verkeerd asgevolg van siektes of ander rampe. Dan oorleef nie noodwendig die sterkste nie maar die gelukkigste. Slegs bestaande inligting kan geselekteer word. Inligting vir beide lang- of kort hare op honde moet byvoorbeeld teenwoordig wees om te kan selekteer. As net die lang-haar honde in ‘n ystydperk sou oorleef is daar ‘n verlies van die inligting wat kort hare spesifiseer, en kan daar nooit weer kort-haar honde bestaan nie.
Evolusioniste beweer dat ‘n mutasie ‘n nuwe voordelige effek kan hê wat verder voortgeplant kan word en deur natuurlike seleksie gevestig kan word (‘n mutasie is ‘n foutiewe oordrag van inligting. Maar dit kan nie ‘n vermeerdering van inligting wees nie, hoewel evolusioniste anders beweer). Dit is waar dat daar voordelige mutasies kan wees maar dit is ‘n onbeduidende getal. Wat nóg daar kan wees word ook teegewerk deur die relatiewe oorvloed van degeneratiewe mutasies wat op een of ander manier daaraan gebind is. Dit is ook nie ‘n vermeerdering van inligting nie. Hoofsaak is, wat mutasies betref, dat die meeste daarvan slegs klein foutjies is, wat nie selekteerbaar is nie. Op sig self het dit nie veel effek nie, maar oor geslagte heen veroorsaak dit dat mens of dier agteruitgaan—die genoom2 degenereer stadig. Vandaar die naam van die boek. Dus nie e-volusie nie maar de-volusie!
1 Sanford JC “Genetic Entropy & the Mystery of the Genome” – (the genome is degenerating), derde druk 2008, 229 ble, FMS Publications, a Division of FMS Foundation, Waterloo, New York. Ook verkrygbaar deur Creation.com
2 Die genoom (boek van die lewe) bestaan uit twee stelle van drie miljard (2x109 ) klein molekules wat die trappies vorm van die spiraal trap-struktuur van DNA. Dit vorm die “letters” van die genetiese kode. Die letters is saamgegroepeer om “woorde” te vorm en die woorde om “hoofstukke” te vorm (gene), die hoofstukke saam om volledige boeke te vorm (chromosome), en die boeke saam om die biblioteek te vorm (die genoom)). Daar is ‘n genoom (wat kleiner is as ‘n stofdeeltjie) in elk van die 100 triljoen ( 1014 ) selle van die menslike liggaam.
No comments:
Post a Comment