Saturday, January 8, 2011

Hervormers


Die Waldense
Pieter Waldo, ‘n ryk handelaar van Lyon in Frankryk, het sy rykdom aan armes en oral begin preek, alhoewel die Pous hom verbied het. Sy volgelinge wat oor Europa versprei het, is met die tyd Waldense genoem. Hulle het Bybel-waarhede teenoor die Roomse kerk gehandhaaf, alhoewel nog nie met die presiese vertolking van die latere hervorming nie. Hulle is geweldig vervolg deur die Roomse kerk en waar daar gekonsentreerde gemeenskappe bestaan het is dit tot niet gemaak in wrede mense-slagtings. Die gemeenskap in Piedmont, in die Alpe van Noord-Italië, het hulleself egter suksesvol verdedig. Uiteindelik is die verstrooide Waldense in die algemene hervorming opgeneem.

Martin Luther
1483-1546 van Wittenberg Duitsland. Hy was aanvanklik ‘n Roomse kerk-priester (monk) en professor by die Universiteit vanWittenberg in die Roomse kerk. Hy het toegewyde pogings aangewend om vrede te kry maar kon dit nie vind in die toepassing van die leerstellings van die kerk nie. Toe dring dit tot hom deur dat regverdiging en redding slegs genade van God is—dit word geskenk en kan nie verdien word nie. Dit word deur die ‘instrument’ van geloof ontvang, en selfs die geloof is ‘n gawe van God. Anders as die Roomse kerk sê hy dus dat enige persoon ‘n Christen kan word deur net in Christus te glo, met gepaardgaande bekering en sondebelydenis. In 1917 plak hy toe 95 stellings teen die Roomse kerkgebruike op die kerkdeur in Wittenberg, en verwerp die gesag van die Pous. Hy het ook die Bybel in Duits vertaal.

Ulrich Zwingli van Zurich Switserland (1484-1531) Hy was baie goed onderrig in Renaissance humanisme en ‘n Roomse priester. Hy het hom die lot van sy mense aangetrek. Hulle was so weerloos teen alle aanslae van die lewe. Toe hy tot die oortuiging gekom het dat die Woord van God die enigste maatstaf is, het hy die Roomse kort voorgeskrewe voorlesings laat vaar en in 7 jaar dwarsdeur die Nuwe Testament gepreek. Zwingly se eenvoudige teologie was om die Bybel te glo soos dit geskryf staan en nie om allerhande aanduidings te soek nie. Hy het basies die nagmaal verstaan soos in die meeste Protestantse kerke van vandag. Luther het nog in sekere gebruike, ook die nagmaal geneig na die Roomse.


Calvyn
1509-1564 Skryf bekende teologiese boek “Die Institute of Onderwysing in die Christelike Godsdiens” (1536-1559) Calvinisme sorg vir die tweede fase van die Protestantse hervorming. Beklemtoon die regering van God oor alle dinge. Dit is veral bekend vir die leerstellings van die uitverkiesing en totale bedorwenheid van mens [depravity]. J Calvyn was die grondlegger en groot bydraes tot Calvinisme—sy vormende hand en systematizing genius. Calvinisme fokus op God in sy heerlikheid en almag waaruit voortvloei sy reg in alle fasette van die lewe—intellektueel, emosioneel en uitvoerend. Hy sien in alle gebeure die hand van God. Dit is die visie van die soewereine majesteit van God wat aan die basis van Calvinisme lê.

Lutherisme neig om op geloof te rus as ‘n soort van toppunt (ultimate) fact, terwyl Calvinisme dring deur tot wat dit veroorsaak, en in verhouding met ander produkte van God wat God doen.

Die vyf punt: “irresistible grace” of Effectual calling’.  A deep sense of human helplessness
. Redding is om die Here te prys en tot sy glorie (wat dit gedoen word)
  1. Die soewereiniteit van die keuse deur God
  2. Die plaasvervangende versoening (atonement) van Christus
  3. Die hele mens is heeltemal sondig (gedagtes, emosies, wil, liggaam) en volgens God se standaarde tot niks goed instaat.
  4. Die kreatiewe energie van die verlossende genade van die Heilige Gees.
  5. Die veiligheid van die verloste siel onder die verlosser (the safety of the redeemed soul in the keeping of its Redeemer)

  1. Sola Scriptura: The Scripture Alone is the Standard
  2. Soli Deo Gloria! For the Glory of God Alone
  3. Solus Christus By Christ's Work Alone are We Saved
  4. Sola Gratia: Salvation by Grace Alone
  5. Sola Fide: Justification by Faith Alone
Creation: Chapter IV of the Westminster Confession of Faith states: "Of Creation I. It pleased God the Father, Son, and Holy Ghost, for the manifestation of the glory of his eternal power, wisdom, and goodness, in the beginning, to create, or make of nothing, the world, and all things therein whether visible or invisible, in the space of six days; and all very good." In the light of the the Westminster Confession I would expect Reformed churches to adopt a young earth - six day literal creation approach.
DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS
(of Onderwysing in die Christelike leer)
Hierdie Belydenisskrif het in 1563 te Heidelberg, Duitsland, ontstaan.  Op versoek van keurvors Frederik III van die Paltz is dit as 'n leerboek vir die skole opgestel deur onder andere Zacharias Ursinus en Caspar Olevianus.  Verskeie sinodes van die 16de eeu en ook die Nasionale Sinode van Dirdrecht (1618-1619) het dit as een van die Belydenisskrifte van die Gereformeerde kerke aanvaar.
Die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB, Latyn: Confessio Belgica) is in 1561 opgestel deur Guido de Brès.
Die regsinnige Christelike belydenis van die Nederlandse kerke wat die hoofinhoud van die leer in verband met God en die ewige saligheid van siele insluit.
In 'n tyd van groot vervolging van Protestantse Kerke is hierdie Belydenisskrif deur Guido de Bres opgestel. Dit was in die jaar 1561 in die Suidelike Nederlande (vandag België). Verskeie Sinodes in die 16de eeu asook die Nasionale Sinode van Dordrecht (1618-1619) het dit as een van die Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke aanvaar.
Die Heidelbergse kategismus
In 1562 geskryf veral deur die briljante professor Ursinus (28 jaar oud) en bygestaan deur die welsprekende predikant Olevianus (26 jaar oud) in opdrag van die keurvors Frederik III [die vrome]. Die kategismus was in die middelpunt van die stryd wat tussen die hoog-Lutherane, veral oor die leerstelling van die nagmaal. Die hoog Lutherane het benaderd die Roomse kerk se beskouing van die nagmaal gehad.
Wycliffe, professor aan Oxford (1325-1384)
Wycliffe used realism to formulate his views, attacking the worldliness of the church and papal dominion. He believed the source of truth was in scripture and not in the many mystic traditions that had arisen through the centuries. Wyclif is as ketter verbrand, postuum.

Jan Hus (1370-1415) was ‘n Tsegiese patriot, priester en rektor van die Universiteit van Praag. Hy brei uit op Wicliffe se werke en preek en skryf onverskrokke volgens die Woord. Hy word onderwerp aan allerhande maniere van druk. Uiteindelik word hy veilige terugkoms gewaarborg om sy saak in Switserland by ‘n byeenkoms te gaan stel. Daar word hy egter in die tronk gegooi en op 6 Julie 1415 verbrand.

No comments:

Post a Comment