Vergifnis tussen mense
Inleiding
Omdat daar vrae was wat my gepla
het, o.a. oor ontoepaslike vergifnis-aksies, het ek van tyd tot tyd oor jare
aan hierdie stuk gewerk. Hier volg die resultaat.
Twee soorte vergifnis
Daar is ’n onderskeid tussen Godgegewe vergifnis (oral kursief gedruk) en menslik vergifnis: (1) God die
Vader vergewe die sondes van
gelowiges, maar nie van ongelowiges nie, behalwe in gevalle waar hulle genade
vind en met God versoen word. (2) Enige mens kan net oortredings van ander
mense vergewe, maar nie sonde nie. Bykomend kan gelowiges sonde-vergifnis van
God verkry.
( (1) Gelowiges
se vergifnis teenoor mekaar .
Eerstens word slegs gelowiges se handelswyse hier behandel.
Gelowiges is met wedergeboorte prinsipiëel regverdig
verklaar, en heilig. Vanaf daardie tyd moet hulle die pad van heilig-wording
stap om meer te word wat hulle reeds in Christus is. Deel van die proses is sondebelydenis teenoor God om vergifnis te verkry en om ook met berou van mekaar vergifnis te
verkry. Berou en vergifnis is egter nie ’n kliniese aksie van “jy sê dit, dan
gebeur dat” nie. Dis ’n hart-saak wat met tyd tot uiting kom, dalk in
teenoorgestelde volgorde en selfs sonder woorde teenoor God.
In beginsel kan tog die
volgende stappe aangedui word:
’n Oortreding wat iemand aan ’n (broeder/suster, die
onskuldige) gedoen het, is ’n sondige daad wat vergewe moet word deur God en
deur die onskuldige broeder.
Die “Onse Vader” model-gebed (Mt. 6:12), dui aan: “. . . en
vergeef ons ons skulde”. . . tot God (eerste vergifnis-aksie),” ... “soos ons
ook ons skuldenaars vergewe”—die skuld wat die skuldige persoon het,
moet vergewe word deur die onskuldige persoon. Dis deel van ’n vergifnis-aksie (die tweede). Die twee genoemde
vergifnis-aksies is beide nodig om versoening tussen broeders te verkry.
Dawid kon net vergifnis by God kry (1 Sam. 12:13, Ps. 51:6);
die onskuldige in sy geval was reeds dood.
Hoe kan ’n vergifnis-aksie volgens die Bybel werk:
·
Dit is geloof-aksies wat tot God gebid word,
soos die voorbeeld in die “Onse-Vader-gebed.”
·
Die skuldige doen sonde teenoor God, ’n sonde
wat ook sy mede broeder/suster (die onskuldige) kwaad aandoen.
·
Die skuldige het berou oor die sondige daad en bely sy
sonde voor God wie sy sonde vergewe.
·
Hy bely
ook sy sonde aan die onskuldige, wie hom ook vergewe.
·
Vergifnis deur God en ‘vergifnis’ tussen
die twee broeders is albei nodig, maar hoef nie beide noodwendig op dieselfde
plek, - tyd, of selfs gesamentlik gedoen te word nie. Hoe groter die kwaad gedaan
tussen broeders, hoe meer sal dit egter ’n gesamentlike aksie by gesprekvoering
wees, waar alles uitgesorteer word.
Sodoende kan versoening tussen die twee betrokke gelowige persone
verkry word. Gelowiges se vergifnis-aksies, onder mekaar, sluit dus gesamentlik
“menslike vergifnis” en “sonde-vergifnis” in, met gepaardgaande “vrede,” mettertyd.
( (2) Vrgifnis
waar ongelowiges by betrokke is
Tweedens word ongelowiges se vergifnis onder mekaar
hier genoem, sowel as gelowiges se vergifnis-aksies met ongelowiges.
Wanneer twee ongelowiges mekaar vergewe is sonde nie
betrokke nie. Een van hulle kan natuurlik ’n ander een vergewe oor gedane
kwaad, as hy wil. Maar vir hom is sy aksie nie òòk sonde nie en glip verkeerde
motiewe maklik in, soos eie prestasie (hoe goed jy is om dít te doen), of politiek.
Wanneer ’n Christen oortree het teenoor ’n ongelowige kan hy
met berou vergifnis van God die Vader
verkry en, natuurlik, ook van die verontregte persoon. As die nie-Christen die
skuldige is en berou het, ontvang hy uiteraard nie goddelike vergifnis nie. Maar hy kan wel met berou
vergifnis (Let wel, nie sonde-vergifnis
nie) van die onskuldige broeder verkry
om daardeur hul verhouding te probeer herstel. Die gelowige broeder kan die
geleentheid gebruik om van Christus te getuig, indien ontvanklikheid blyk.
Uit gelowiges se oogpunt handel hierdie seksie oor goeie
verhoudings met ongelowiges, gedoen uit naasteliefde. Gebreekte verhoudings
moet herstel word en nuwe verhoudings uitgebou word. Maar, dit kan net in
redelik-normale omstandighede geskied, waar ’n ongelowige min of meer inpas in
die doen en late van ’n gelowige gemeenskap.
Maar waar ‘nie-normale omstandighede’ heers is o.a. waar die
ongelowige persoon opsetlik doen wat hy weet verkeerd is en hy daardeur God se
eer aantas, ’n erge daad. Om só ’n persoon te vergewe is heeltemal onvanpas
(Hebr. 10:26, Núm. 15:30) . . . dit geld ook ’n skuldige-‘gelowige,’ wat nie deur
’n onskuldige-gelowige vergewe behoort
te word nie—dis of hy vir jou ’n heiden is (Mat. 18:17).
(3) Kleiner vergifnis-aksies
tussen gelowiges en ongelowiges
Aksies in hierdie seksies geld tussen gelowige-tot-ongelowige
en gelowige-to-gelowige, gewoonlik kleiner vergifnis-aksies. Iemand is bv. nie
bewus van die kwaad wat hy ’n ander persoon aangedoen het nie, of hy het
vergeet daarvan, of hy sê iemand sleg . . . en so aan, Dit kan ook ’n onbillike taak wees wat iemand op jou ‘afgedwing’ (-vra ’n ‘myl’ om dit te
doen). Al sulke oortredings word teenoor jou gedoen deur ongelowiges en
gelowiges en jou eie eer word daardeur aangetas.
Die vraag is nou: wat behoort ’n gelowige se reaksie te wees?
Volgens die Bybel moet jy jou naaste liefhê (soos o.a. goeie dinge vir hom te doen).
Dus, ‘vergewe hom,’ al is daar geen berou nie en loop die ekstra ‘myl.’
Al sulke aksies werk nie in ’n bondel waar gelyktydig meer
as twee mense betrokke is nie - net
tussen ’n ‘skuldige’ en ‘onskuldige.’ Of dit nou wel ‘klein’ is, hang van jou
diskresie af. Is die kwaad gedaan van groot omvang dan: (Seksies (1) of (2), of
anders, dan: (3).
( (4) Vergifnis
vir erge misdade
Misdade soos marteling of moord het traumatiese gevolge vir
die persoon wat dit ondergaan en vir hul naasbestaandes — uitgerekte geestelike
bittere gedagtes volg wat moeilik van ontslae geraak kan word.
Hoe ’n gelowige persoon dit kan
hanteer, word deur sommige gesê, is dat die misdadiger vergewe moet word! Dié moeilike
taak moet jy glo doen om met skoon gedagtes te kan aangaan met jou lewe.
Indien hiermee bedoel word dat nie
die persoon vergewe word nie, maar
die daad wat hy gepleeg het, is dit
verkeerd. Mens kan tog nie ’n daad
vergewe nie. ’n Daad kan net aanvaar
word.
Indien die misdadiger berou het,
is dit ’n geval wat in ’n vorige seksie genoem is, gewoonlik (2). Indien hy nie
berou het nie, is die vraag of dit reg is om hom te vergewe?
Die antwoord word bepaal deur wat die
Bybel ons leer. Hiervoor kan die afgehandelde seksies, (1) tot (3) gebruik
word, soos volg:Daar
is nie sondevergifnis sonder berou nie
Dit
word so in die Bybel uitgespel of geïmpliseer1 behalwe in spesiale
omstandighede soos in (3) genoem.
- Daar
is geen sondevergifnis vir ongelowiges
nie
Hulle
is die dood skuldig vir hul sondelas, tensy hulle deur God begenadig word met
versoening, waarna hul gelowiges word.
- Menslike
vergifnis
Blykbaar is menslike vergifnis moontlik, onder normale omstandighede, soos in Seksies 2
en 3 verduidelik, maar nie vir erge gevalle nie.
- Daar is geen vergifnis vir ’n erge misdaad
nie
Soos
bo genoem, sal geen skuldige sondevergifnis
sonder berou verkry nie (a.). Oral geld dit: geen berou—geen vergifnis, behalwe
punt (3), maar ‘(3)’ is nie van toepassing by verskriklike dade nie.
Let op dat ’n
enigiemand wat God se eer aantas (In
Item 2 verduidelik) in elk geval nie deur ’n gelowige persoon vergewe
behoort te word nie.
Uiteindelik, om dit weer te
onderstreep, gaan dit oor hoe ’n gelowige persoon se optrede moet wees teenoor
iemand, die skuldige, wat ’n erge misdaad gepleeg het en geen berou het nie. Dit
blyk teen die genoemde agtergrond, dat dit on-Bybels is om so ’n skuldige te
vergewe.
Omdat vergifnis dan verkeerd is, is die groot taak van
verwerping van bittere gedagtes: om te “aanvaar” wat gebeur het. Dis om God in gebed te nader om jou in staat
te stel om die gedane daad te aanvaar. Moontlik kan dit help om alles te beskou
as soortgelyk aan ’n nie-mens-gemaakte
katastrofe wat jou oorgekom het.
Ten slotte
Omdat gelowiges se gebruik van
‘vergifnis’ so verweef is met ‘sonde
vergifnis’ sal dit duideliker wees, indien dit in ander verband gebruik
word (nie sonde nie), om van ‘verskonings’ te praat.
1 New Bible Dictionary, third ed.
Dr. Willem van Heerden
Omdat gelowiges se gebruik van
‘vergifnis’ so verweef is met ‘sonde
vergifnis’ sal dit duideliker wees, indien dit in ander verband gebruik
word (nie sonde nie), om van ‘verskonings’ te praat.