Wêreldwye aanslag
Ons waardeer u hantering van die wêreldwye aanslag teen die
kerk van Christus, in die Junie/Julie uitgawe van Juig. ’n Deel van die aanslag
gaan natuurlik oor gay-aansprake. Nou onlangs is huwelike tussen persone van
dieselfde geslag ook gewettig in Suid-Korea, Ierland en die VSA. Deurdat dit
skielik kort na mekaar, wêreldwyd, gebeur het, lyk dit of oorhoofse koördinasie
en druk toegepas is.
Nog bykomend, hier by ons, pleit die moderator van die
NG-kerk, Nelus Niemandt, in “Beeld” van 7 Junie, Gooi
die NG kerk óóp vir gays, dat gay NG predikante nie meer gedwing word om
selibaat te wees nie en dat gay’s mag “trou,” met die volle seën van die kerk! En
in Rapport van 5 Junie sê Nelus dat liefde die deurslag moet gee.
Liefde inderdaad, maar liefde vir God en sy Woord, wat
verhoed dat mens met Bybel vertolking goël tot dit ooreenstem met die sekulêre
mode van die dag!
Willem van Heerden
No comments:
Post a Comment