Thursday, October 23, 2014

Prent van Jesus is verkeerd

Geagte Redakteur

Om skildery van Jesus te plaas is verkeerd
Ek het groot waardering vir u blad en vir die onverbloemde toepassing van Bybelse waarhede, sonder om te probeer “korrek” wees volgens die mode. Maar daar is iets wat my hinder. Dit is dat u sommer maklik, ter illustrasie, ‘n prentjie van ‘n man plaas asof dit Jesus sou wees. Op die uitgawe waar dit op die voorblad verskyn het, het ek dit afgeskeur, want dit laat my ongemaklik voel.

As ek nie weet hoe my oupagrootjie gelyk het nie en doen navorsing van die modes van sy tyd en van familie-trekke en maak ’n skildery en sit dit teen die muur, of plaas dit by artikels wat ek skryf en sĂȘ dis my oupagrootjie, maak dit tog nie sin nie. Dis nie waar nie. Hoeveel te meer nie met ons God, die Here Jesus nie.

Maar die belangrikste is, dat dit ’n oortreding van die tweede gebod is!

Groete


Willem van Heerden, Villieria

No comments:

Post a Comment