Hier is nog twee briewe aan koerante
Evolusie in skole, Brief aan Rapport
Moet evolusie nou in skole aangebied word of nie? Dames van
die VF+ het bedenkinge daaroor uitgespreek, terwyl dr. Albert Alberts in
Rapport van 30 Augustus daarop gereageer
het. Hy het sterk standpunt daarvoor ingeneem en alternatiewe beskouings
afgemaak as aapstreke. Hy het ook aangedui dat, in Amerika, evolusie onderrig
in skole vroeër verbied was, maar met wetgewing in 1958 is gepoog om wetenskap
onderrig drasties te verbeter en tegelyk
moes evolusie ook weer aangebied word.
Dit is interessant om nou te kyk wat in Amerikaanse skole gebeur
het. Die sekretaris van onderwys (publieke skole) in Amerika het in 1989
verklaar: “. . . Een uit elke vier Hoërskool leerders verlaat die skool voor
die finale eksamens—bykans ’n miljoen. ’n Ander kwart—nog ’n miljoen—wat wel
Hoërskool standerds voltooi het, is funksioneel ongeletterd wanneer hulle hul
diplomas ontvang. Dus, helfte van die 18-jariges in hierdie land (VSA) het nie
geslaag om basiese taal-, wiskunde- en analitiese vaardighede te bemeester nie.
’n Miljoen “dropouts” hier ’n miljoen funksionele ongeletterdes daar, elke
jaar,” [soos aangehaal in ‘7 men who rule
the world from the grave,’ bl. 172, deur Dave Breese]. Die hoof oorsaak was
waarskynlik wat aangebied is, maar veral ook die
onderrig metodes van John Dewey, die evolusionis.
Om nou die standpunt oor evolusie in skole hier by ons te
beskou, is dit nodig om eers te sê wat evolusie is. Eerstens: Makro evolusie,
of kortweg evolusie, gaan van die
aanname uit dat verandering vanaf laer lewens ordes na hoër ordes kan
plaasvind. Anders gestel: mense is maar net die produk van
ewekansige mutasies plus natuurlike seleksie. Tweedens: Daar kan natuurlik veranderings (verbetering
of agteruitgang) binne soorte plaasvind a.g.v. natuurlike seleksie en/of
mutasies.
Daar behoort geen probleem te wees met die aanbied van
laasgenoemde nie want alle individue binne ’n soort het dieselfde soort
databank van biologiese inligting. Baie mense glo egter nie dat ewolusie (die
eerste soort) waar is nie. Hulle vrees die invloed van sulke leer materiaal op
hul kinders. As dit eensydig aangebied word asof dit wetenskaplike waarheid is,
sal dit groot oorredingskrag hê en kan veroorsaak dat kinders wegdryf van hulle
geloof en ankers ( in God). Verder neig dié evolusie
om morele waardes af te takel en die
waardigheid van mens-lewens te minag. In die vorige eeu het evolusie-gelowige
kommuniste, bv. bykans 100 miljoen weerlose mense vermoor.
Dr. Willem van Heerden
Ek het na
die brief geplaas is daaraan gedink dat die Kommuniste baie erger te kere
gegaan het as wat ek hier geskryf het. Daar is heelwat meer mense vermoor, deur
hulle in werkerskampe te gebruik en uit te honger, so op verskillende maniere.
Polpot van Kambodieë het ’n derde van die mense in sy land doodgemaak!
Devolusie eerder as Evolusie
Die oorsprong van lewe is biologiese inligting, inligting
wat bv. spesifiseer dat ’n mens is wat hy is. Daar is meer inligting hiervoor
nodig as bv. wat nodig is vir ’n gogga om ’n gogga te wees. Dis soos wat daar
meer inligting nodig is om ’n vliegtuig te bou as om, sê maar, ’n ploeg te bou.
Sovêr dit lewende wesens op aarde betref, is nog nooit
gevind dat inligting kan vermeerder, sodat ’n ingewikkelder klas lewe uit ’n
laer vorm van lewe kan ontwikkel nie. Evolusie van een soort na ’n volgende is
dus nie moontlik nie.
Wat meer is. Daar is gevind dat daar foute plaasvind met die
oor kopiëring van inligting van een geslag na die ander. In elke geslag van
mense is daar sowat 100 klein mutasies (foutiewe oordrag van inligting), wat in
sigself nie beduidend is nie, want daar is massas inligting. Maar, op die
langtermyn, met die kumulatiewe effek, gaan die mens-geslag agteruit. Dit lyk ook
soms so, as mens rondom jou kyk en vele mense sien wat gestremd is. Statistieke
wys ook dat dit toeneem. Dis dus in werklikheid die teenoorgestelde van
evolusie, dis devolusie. Lees in die verband: Genetic Entropy, and the mystery
of the Genome, deur dr. J.C. Sanford.
Dr. Willem van Heerden
No comments:
Post a Comment