John Dewey (1859 – 1952)
Opgestel deur Willem van Heerden, Januarie 2014
Samevatting
Dewey het ’n
geweldige invloed op die aftakeling van goeie onderwys in die VSA en ander
lande gehad. Daarmee is ook die samelewings se waardes afgetakel deur die opgroeiende jeug.
In hooftrekke was sy filosofie soos volg:
1. Waarheid is nie universeel of absoluut nie. Absolute
waarheid is ’n illusie. Niks is finaal nie, alles is vloeibaar. Alles verander
voortdurend. Mense moet hulself nie besig hou met waarheid nie maar met
betekenis—wat hierdie of daardie gebruik beteken,
ens. Waarheid is gesetel in ondervinding.
Ondervinding wat toegepas word en wat werk is waarheid.
2. Morele gebruike het oor die tyd in die geskiedenis ontstaan
as gevolg van omgewingsdruk, en word behou alleen as dit die toets slaag van
ondervinding en pragmatiese resultate.
3. Kerke moet hervorm om die mensdom te dien. Dit is ’n
godsdiens wat ’n blom sal wees van die moderne gees.
4. Mense is maar net biologiese organismes, maar anders as in
die natuur waar ewekansigheid werk, moet mense besluite neem. Keuses moet
gemaak word, ‘n soort van verstandelike ‘natuurlike’ seleksie, of geestelike
aanpassing by die omgewing.
5. Skole het ‘n rol—die produksie
van sosiale verandering.
6. Dewey het gesê dat Darwin hom ‘n nuwe logika gegee het om op
die verstand en morele waardes toe te pas—sosiale ewolusie. Hierdie idees is
niks anders nie as geestelike gereedskap om dinge gedoen te kry. Die enigste
toets is hoe goed dit werk.
Meer besonderhede
Aan die begin van die 20ste eeu was daar groot verwagting
(nie by ons is SA nie!) dat nuwe dinge gaan gebeur. Alles het rooskleurig gelyk
met steeds beter tegnologie, filosofieë wat populêr word en beskawings wat al
meer floreer het.
Darwin se hipotese het volle aandag gekry, en is ook
toegepas op kultuurontwikkeling. Alles sou regkom met genoeg tyd. Maar, die
teendeel het begin gebeur, en die bolwerk wat die verkeerde in alles moes tem, die Christendom, se
korrektiewe teologie het in die slag gebly, kon nie die humanistiese stroom
keer nie, en het intellektueel en teologies in ‘n sekere sin saam beweeg.
Teen die agtergrond het Dewey, as pragmatis, ook sy invloed
laat geld. Hy het ’n raakpunt met Hegel se filosofie gehad. Hegel het glo ‘n “deposito
by hom gelos.” Sy denke was deurstrengel met ewolusie en die mens wat
voortdurend moet kies om aan te pas.
Opvoeding
Dewey se groot invloed was in opvoedkunde deur sy baie
geskrewe stukke deur die opleiding van onderwysers. Die volgende is in
hooftrekke sy standpunte oor die onderwys.
Onderwys berus fundamenteel op eksperimente.
Onderwysers is nie instrukteurs nie en moenie aan hulself
dink as mense met die finale waarheid nie, maar as fasiliteerders om leerders te laat eksperimenteer sodat hulle
pragmatiese strategieë kan ontwikkel, wat vir hulle werk. Leerders moet keuses
maak volgens hul eie ondervinding.
Die metode dat elke leerling, as outonome individu, sy eie
keuses maak, sy eie waardes kies, moet streng gehandhaaf word. Maar dis glo nie
so maklik nie, want ‘n persoon se keuses word beïnvloed deur voorafgaande
dogmas en geloofs- of kultuurwaardes. Dít moet eers uitgevee word voor ‘n
leerling kan kies.
As voorbeeld het ‘n ma van haar ondervinding vertel, van hoe
die uitvee proses werk. Kinders moet met ‘n skok uitgeruk word uit hul
voorafgaande idees. In haar dogter se klas is aan hulle gesê hulle moet hul
verbeel dat hulle ‘n moord beplan op hul beste vriend. Watter alternatiewe is
daar om dit reg te kry? Sommige leerders het in weersin geweier om enigiets te
beplan, maar dit was nie aanvaarbaar nie! Verder het die onderwyser van die
kinders verwag om hul gevestigde idees te los, deur bewustelike herhalende
denke dat dit verkeerd kan wees—sodat hulle in aanraking kan kom met hul eie
persoonlike egte gevoelens {TT bl 240, b].
Van kinders word verwag om hul eie realiteit te skep!
John Dewey het ‘n groot aandeel gehad in die vorming van moderne
samelewings. Hy het dit gedoen deurdat sy onderwys metode toenemend in skole
toegepas is. As gevolg van artikels en boeke wat hy geskryf het en lesings wat
hy gehou het en uiteindelik as hoof van die opvoedkunde departement van die
invloedryke Columbia Universiteit in New York, het baie sy werk as gesaghebbend
aanvaar. Onderwysers van oor die hele wêreld het na dié universiteit gestroom. Hulle
het wat hulle geleer het as die “wetenskaplik-regte” metode aanvaar en
toegepas, ongeag [TT bl 242]. Hulle bevraagteken dit nie. Hul geloof, indien
enige, word in ‘n aparte kompartement gehou.
Ander, op dieselfde trant as Dewey, byvoorbeeld Mary
Calderone, sê: Die hoof vraag wat opvoeders moet beantwoord is “watse soort
mens wil ons produseer vir sy plek in die samelewing en hoe ontwerp ons die
produksie lyn.” Sy roep skole op om kwaliteit mense te produseer deur middel van doelgerigte prosesse wat deur die beste denkers opgestel
is (TT bl 392, m). . . dit lyk amper of
dit na genetiese ingenieurswese kan lei!?
Godsdiens
Dewey se godsdiens het in stappe verander tot dit
naturalisme geword het. Dit was ‘n soort van verlossende humanisme en
naturalisme (die mens en die natuur is alles). Hy het sy volgelinge
aangeraai om godsdienstige toewyding aan
sosiale ideale te ontwikkel. Dit was ‘n geloof wat pas by sy geloof dat mense
maar net biologiese organismes is wat probeer om die omgewing te beheer deur
wetenskap [TT bl 239].
Kommentaar
Soos die twintigste eeu gevorder het, het dit al duideliker
geword wat regtig aangaan. In plaas van rooskleurigheid was daar groot donkerheid,
met ongekende gruwels. Onder die vaandel van die “goedheid van die mens” is beter samelewings gepropageer waar goeie
mense al hoe beter sou ontwikkel, met gevolglik al hoe meer voorregte (die
eskalasie mite). Na oorname, egter, het diktators stelselmatig andersdenkendes
en “oortreders” begin moor in kampe en op ander maniere en het die leiers-groep
ongekende luukshede en voorregte vir hulle self ontwikkel.
Hoewel miskien nie op ’n tirannieke wyse afgedwing soos die
kommunistiese diktators nie, was die Dewey-benadering wat in skole ingekom het,
iets soortgelyks. Dit het die publieke skolestelsel in Amerika omgekeer tot die
slegte toestand waarin dit sedertdien bestaan het. Nie net geestelike waardes het in die slag
gebly nie, ook oordrag van kennis. In 1989 verklaar die sekretaris van onderwys
in Amerika soos volg: “Sedert 1985 het Hoërskool leerlinge konstante of
verminderde punte in Universiteite se toelatings eksamens gekry en is die
studente wat universiteit opgee en padgee onveranderd (onthou dat teen 1985 dit
alreeds sleg was). Een uit elke vier Hoërskool leerders verlaat die skool voor
finale eksamens—naby ’n miljoen. ’n Ander kwart—nog ’n miljoen—wat wel
Hoërskool standerds voltooi het, is funksioneel ongeletterd wanneer hulle hul
diplomas ontvang. Dus, helfte van die 18-jariges in hierdie land (VSA) het nie
geslaag om basiese taal-, wiskunde- en analitiese vaardighede te bemeester nie.
’n Miljoen “dropouts” hier ’n miljoen funksionele ongeletterdes daar, elke
jaar.” [7M bl. 172].
Dus, van die totale 4 miljoen kinders wat in Amerika elke
jaar in die skole begin het, het net die helfte ’n redelike mate van kennis bekom.
Maar ook hulle, saam met die ander vroeë skoolverlaters en dié wat nie by
geletterdheid kon kom nie, is die samelewing in met ’n Dewey-tipe geestelike
voorbereiding. Gevolglik het die samelewing elke jaar ’n afwaartse inspuiting
gekry, met baie gevolge. Onder andere het saamwoon en egskeidings normaal
geword. Kinders het groot geword sonder die stabiele invloed van gesinsverband.
Miljoene ander kinders is nooit gebore nie, is met met aborsies vermoor!
Die finale toets dus, volgens Dewey se eie maatstaf (Ondervinding
wat toegepas word en wat werk is waarheid): Dit het nie gewerk nie!
Bronne
Die letters, aan die einde van ’n skrywer se naam bv. (XY),
word in die geskrewe stuk as verwysing gebruik. Partymaal is die inligting so
vervleg tussen skrywers dat net ’n algemene verwysing gegee word.
Breese, Dave. “Seven men who rule the world from the
grave,” 1990, (7M)
Pearcey, Nancy. “Total truth,” 2004, (TT)
2. Morele gebruike het oor die tyd in die geskiedenis ontstaan as gevolg van omgewingsdruk, en word behou alleen as dit die toets slaag van ondervinding en pragmatiese resultate.
3. Kerke moet hervorm om die mensdom te dien. Dit is ’n godsdiens wat ’n blom sal wees van die moderne gees.
4. Mense is maar net biologiese organismes, maar anders as in die natuur waar ewekansigheid werk, moet mense besluite neem. Keuses moet gemaak word, ‘n soort van verstandelike ‘natuurlike’ seleksie, of geestelike aanpassing by die omgewing.
5. Skole het ‘n rol—die produksie van sosiale verandering.
6. Dewey het gesê dat Darwin hom ‘n nuwe logika gegee het om op die verstand en morele waardes toe te pas—sosiale ewolusie. Hierdie idees is niks anders nie as geestelike gereedskap om dinge gedoen te kry. Die enigste toets is hoe goed dit werk.
No comments:
Post a Comment