Deur Willem van Heerden
In reaksie op u uitnodiging (dr. HJ Smith van die Boodskapper, 2012) om iets te doen aan die
probleme wat ons omring.
Wat is ons doelstelling? Moet
ons sommige of almal van onderstaande probleme hanteer?
- Probleme hanteer van mense wat uit hul werk ontslaan is
- Probleme hanteer van arm Afrikaners, veral in plakkerskampe
- Probleme van sekuriteit
- Probleme van Afrikaners wat verengels of nie meer hul volkskap belangrik ag nie. Dit kom neer op die voortbestaan van ons as volk met ons eie taal
- Probleme van emigrasie
- Probleme van sekularisasie
Die nadele van ons
Kerkgenootskap (APK)
- Ons is maar relatief min
- Ons is yl versprei
Oplossing
Die oplossing van baie van
ons probleme lê, myns insiens, in
gemeenskapvorming. Dit is tog hoe Sjinese, Jode, Portugese en ander in lande
oorleef het, waar hulle klein minderhede was. Daar is al sulke gemeenskappe in
Orania, Kleinfontein, en Diamantvallei
naby Kleinfontein. By hierdie plekke is daar goeie sekuriteit en word
Afrikanerskap uitgeleef. Daar is ook geen vreemde arbeiders nie.
Ongelukkig sal dit nie op
alle plekke gedoen kan word nie. Daar kan egter ook ander soort gemeenskappe
wees. ‘n Mens sal byvoorbeeld ‘n gemeenskap in Pretoria in die Moot tot stand
kan bring. Maar dit sal ‘n geperforeerde gemeenkap wees, want daar sal ook
ander wees, en al die Afrikaners sal nie sonder vreemde arbeid wil klaarkom
nie. Tog glo ek sal ons die Afrikaners tussen almal kan organiseer. En hoe
suksesvoller die organisasie is, hoe meer Afrikaners, wat huise moet koop, sal
dit in so ‘n gebied kan doen.
In hierdie gemeenskappe moet
ons ekonomiese aksies uitruil en deur skakeling met ander gemeenskappe wat
soortgelyke aksies het, kan oorkoepelend saamgewerk word.
Om te begin kan ons druk op
owerhede uitoefen om ons Afrikaanse skole te los (hoë prioriteit!) dat dit
Afrikaans kan wees, veral in eie gemeenskappe, maar ook elders. Verder moet
Afrikaner gemeenskappe nie saamgesny word saam met ander gebiede nie, veral nie
swart dorpe om getalle oorwig te behaal nie. Dit beteken dat ons tot so ‘n groot
moontlike mate seggenskap in sekere dele kan hê. Skakeling met oorsese lande
moet gedoen word om druk uit te oefen sodat ons ons regte kan kry. Dit word
natuurlik al gedoen deur sekere Afrikaner instansies, maar moet gekoördineer
word dat nie ‘n eentonige herhaling word nie.
‘n Ander belangrike punt is
dat ons die skuldgevoel onder ons volksgenote moet teewerk. Ons het dit al
binne ons kerkverband gedoen, maar dit bereik maar min mense. In die verband,
dink ek, moet ons ‘n brosjure opstel, waarin ons die werklike prentjie
uiteensit—watter prestasies bereik is, hoeveel van ander volke gedurig oor ons
grense die land wou inkom, wat gedoen is op onderwys gebied, en die feit dat
die gedagte was om elke volk in sy eie land te hê, dat die reëls van apart wees
net die styers was om die doel te bereik. Die doel was om volke wat verkies ’n
eie land te gee, dus aparte ontwikkeling!
Dié wat nie eie land wil hê nie, sou in die gemengde deel kon bly.
Verder moet mense bewus
gemaak word om Afrikaans te gebruik, oral waar hulle kan. Byvoorbeeld, dring
aan om in retaurante in Afrikaans bedien te word, veral waar dit Afrikaanse
gemeenskappe is. Vra ook in Banke om in Afrikaans bedien te word.
Hier praat ek die hele tyd
van die volk en Afrikanerskap, want ek dink dis belangrik, en ‘n sterk
motiveringsfaktor om probleme te bowe te kom. Eers die gesin, dan die volk, is
strukture wat help teen rigtinglose gedobber van enkelinge na waar die
maghebbers ook al wil heen.
Teen die agtergrond van wat
vandag aan die gang is, is Solidariteit ‘n goue randjie om die donker wolk.
Hulle doen goeie werk, want hulle het die regte bestuur en kry maandeliks
ledegeld.
Dit lyk vir my of ons van die
APK se kant ‘n georganiseerde evangelisasie veldtog moet begin, beginnende by
die onbetrokkenis in ons gemeentes, waaruit ander aksies van hulp aan ons mense
kan begin.
Ek skryf nou maar wat in my
gedagtes omgaan. Ek is nou 81 jaar oud (2012) en sien nie meer kans om persoonlik betrokke te raak deur byvoorbeeld
vergaderings by te woon nie. Ek verskaf ook vervolgens ‘n geskiedenis van
pogings om gemeenskappe te vestig, wat u kan lees as u belang stel.
Geskiedenis
Inleiding
N' brief en artikel wat aan die einde van hierdie geskrewe stuk gegee word het
daartoe gelei dat die Vereniging van Oranjewerkers op 10 Junie 1980 gestig is.
Die bestuur het bestaan uit: Dr WL Grant, Prof WH Olivier, dr WM van Heerden,
mnr BHA van den Berg, prof CWH Boshoff, dr WA Schumann, mnr C de W Hoogendyk,
prof N Wessels, mnr SJJ van Rensburg, mev AC Wessels, ds HF Verwoerd en dr CJ
Jooste.
Ons het besluit om ‘n blad, “Oranje,” uit te gee en navorsing te
doen oor waar groeipunte moes wees.
Ek, Willem, het die volgende op my
geneem: (1) Navorsing doen oor waar
groeipunte kan wees, (2) Die blad hanteer, (tot 1985). Ek was redakteur, setter
en uitlêer van die blad. Na my het Pieter Bruwer die blad oorgeneem. (3) In
1984 het ons gesin na die eerste groeipunt op Morgenzon vertrek, waar ons vir
10 jaar, saam met ander Oranjewerkers, wat later bygekom het, hard gewerk het
aan die vestiging. (4) Die navorsing wat ek gedoen het, is later in ’n boek wat
ek geskryf het, (“Hartland van die Afrikaner,” 1990) gegee.
In 1992 het prof
Boshoff Orania begin, wat van toe af die aandag gekry het. Ons groeipunt
aktiwiteite op Morgenzon het van toe af uitgerafel. Die mense van die omgewing
wou, oor die algemeen nie saamwerk nie, het nie ernstige aandag gegee, of
verstaan wat ons wou doen nie. Sommige het ons sterk teegestaan. Daar was egter ander wat ons gesteun het. Ons het aangegaan tot 2002-2003 en was ook deel van die groep wat die CVO skool daar
gestig het, waarvan my vrou lank hoof was. Ons het uiteindelik nie geslaag om n fisiese groeipunt op Morgenzon te vestig nie, maar met die aanvanklike aksies daar, vanaf 1984, saam met die Oranjewerkers
se blad, het ons die gedagte van groeipunte gevestig, waarvan Kleinfontein en
Orania vandag die resultaat is.
My volksaktiwiteite was dus veral van 1970 –
1994. In 1984 het ek my werk by ‘n groot firma bedank, huis verkoop en na die
groeipunt vertrek. Gelukkig kon ek, met mnr Bosman as vennoot—ek vanaf
Morgenzon—genoeg raadgewende werk doen om die pot aan die kook te hou. Ek het
nooit enige geld ontvang vir my volksaktiwiteite nie, ook nie vir die navorsing
en die boek wat ek geskryf het nie. Dit moes maar tussen my gewone
werkaktiwiteite gebeur.
Dit het só begin:
Brief
Ek het op die gedagte gekom dat Blankes/Afrikaners n kerngebied benodig as deel van hul groter eie land, waar slegs eie mense woon en werk . . . en dat die gebied herwin moet word deur middel van uitbreidende groeipunte. Ek het nooit die woord tuisland gebruik nie omdat die tuislande vir swartes nie groot genoeg was en nie na wense ontwikkel het nie. Die woord tuisland het nie n goeie betekenis gehad nie. Buitendien was die voorgestelde kerngebied ook nie bedoel as die hele "eie land" nie. Ons opponente het egter altyd gepraat van ons "tuislandjie" wat gevestig sou word, en het daarmee dit moeilik gemaak om mense te laat verstaan wat bedoel word.
As begin is die volgende brief geskryf.
As begin is die volgende brief geskryf.
‘n Brief wat in 1971 in Padlangs en Die Transvaler
verskyn het.
Deur Willem van Heerden
Daar is praktiese positiewe
optrede in aparte ontwikkeling waarvan ek in die jongste tyd steeds meer bewus
geword het. Dit is dat ons ‘n blanke kerngebied vir blank Suid-Afrika benodig
waarin geen Kleurling, Bantoe of Indiër
mag woon of werk nie.
Soos sake nou staan kry almal
‘n tuisland (bedoelende eintlik: gebied) waar slegs hulle mag woon en werk en
ons blankes het nie een nie! In geen gebied van ons land is die blanke kind se
omgewing dus gunstig vir opvoeding in ‘n gees van selfwerksaamheid nie. Ons kan
nêrens die privaatheid van ‘n eie gemeenskap smaak sonder om bewus te wees van
die ander mense wat ons kinders oppas of wat in ons strate rondkuier nie.
As ander bevolkingsgroepe met
groot koste gevestig word, is dit goed en reg so. Maar dan moet die geleenthede
ook van owerheidsweë gekep word vir
blankes wat ‘n blanke kerngebied wil bewoon. Onwillige persone kan deur uitkoping
(ander wat hul eiendom koop) verwyder word sodat gewillige persone hulle daar
kan vestig.
Ons sukkel in baie gevalle om
verstedelikte bantoes gevestig te kry, want die kundigheid, kapitaalkrag en
nasietrots ontbreek. Laasgenoemde faktore is in ‘n sekere mate by ons eie mense
teenwoordig en dit behoort dus vir ons makliker te wees om ons as ‘n groep
blankes êrens te vestig.
So ‘n blanke kerngebied, as
hart en konsoliedasiepunt vir die blankes, sal ‘n goeie vesting en suurdeegkol
vir aparte ontwikkeling wees. Dit lyk vir my ook steeeds meer na ‘n
noodsaaklike vereiste vir ons toekoms as aparte volk.
In hierdie kerngebied, wat
uit duisende vierkante kilometerwrs moet bestaan, kan diegene dan woon wat nou
al verkies om in ‘n aparte “land” te woon. Hier kan hulle self werk en bou aan
‘n nuwe leefwyse vir die Afrikaner van die toekoms, ‘n volk wat homself wil bly
en wat selfonderhoudend wil wees, al is dit dan aanvanklik net in die
kerngebied.
Soos wat die moderne Israel
vir hulle ‘n tuiste ontworstel het, kan ons dit ook steeds in die huidige
omstandigehde doen. Soos wat Israel ‘n
saambindende faktoer vir die Jode oor die hele wêreld is, en ‘n simbool van ‘n
eie tuiste wat hulle reeeds het, kan ons kerngebied dit vir ons volk ook wees.
Baie van die huidige wrywingspunte sal dan minder belanrik wees.
Ons voorouers het weggetrek
na nuwe tuistes en ons moet ook ‘n nuwe trek begin. Vir baie sal dit net ‘n
trek in die gees wees terwyl hulle ons huidige lewenspatroon in die hele blanke
Suid-Afrika verder uitbou. Vir ander sal dit ‘n werklike fisiese trek wees na
‘n blanke kerngebied. Hulle sal weer dáár bou om ‘n dinamiese, kragtige,
selfonderhoudende gebied tot stand te bring.
Die tyd raak min! Ons behoort
die basis van so ‘n gebied al binne vyf jaar te hê. Ons wil nou êerens begin!
Na hierdie brief, wat ons koerant "die Transvaler" aanvanklik nie wou plaas nie, maar tog wel na n week of so, het ek n uitgebreide artikel geskryf. Dit het ek na baie koerante gestuur, maar net "Die Afrikaner" het dit geplaas. Die HNP leier het dit egter in n volgende uitgawe afgeskiet--het ook weer hartland as hele land, as tuisland vertolk.
Artikel
Aparte ontwikkeling
uit ‘n nuwe hoek beskou (1974)
Deur Willem van Heerden
Huidige stand van
aparte ontwikkeling
Daar is min denkende mense wat nie bekommerd is oor die huidige verloop van sake nie. Daar is wel mooi tekens van ontwikkeling van nywerhede in die tuislande en van praktiese pogings om die tuislandontwikkeling te versnel, maar dan is daar weer baie gevaartekens.
Die toenemende druk om kontak tussen wit en swart te bewerkstellig, vervaag skeidslayne. As in 10 jaar soveel verandering kan plaasvind, wat sal nie binne die volgende 25 jaar gebeur nie?
In die arbeidsveld is daar so
‘n skreiende tekort aan blankes dat swartes noodwendig blanke werkvelde
betree—in so ‘n mate dat sommige velde reeds deur swartes oorheers word.
Permanente verblyf van
swartes tussen ons bly onaanvaarbaar vir die teorie van aparte ontwikkeling,
want hulle beland maklik in die strome wat na integrasie vloei. Hulle word in
die praktyk skynbaar vasgehou deur die
sterk ekonomiese stroom wat swartes steeds in hoër vakante poste wil insuig.
Daar word gepoog om teorie en praktyk bymekaar
uit te bring deur talle swartes in blank Suid-Afrika as tydelik te klasifiseer,
maar die toenemende getalle swartes in sommige stede neig om die teendeel te
bewys.
Oor die kleurlingprobleem is
daar nog nie finaliteit nie. Intussen word kleurlinggroeipunte oor die hele
land gevestig. Selfs Bloemfontein kry een—Bloemfontein in die Vrystaat, waar
ons voorouers nie Indiërs toegelaat het nie, kry nou kleurlinge! Die amper
finaliteit van die agteruitgang waarin sodoende beweeg word, laat ‘n mens se
hare rys.
Die uiteinde van die
huidige tendens
Meer kontak op alle vlakke;
meer politieke regte aan die stadsbantoe; parallelle ontwikkeling vir die
kleurling; en groter werksintegrasie is almal malende strome wat in dieselffde
rigting vloei. Dit lei na integrasie.
“Parallelle ontwikkleling”
vir die kleurlinge wat as permanent gesien word, kan onmoontlik permanent bly.
Vir die een groep is dit die eerste stap na integrasie, en vir die tuislanders
is dit ‘n tydelike kompromie. Daar is net twee moontlikhede: ‘n
kleurlingtuisland(e) of integrasie. Die kleurlinggroeipunte wat tans oor die
hele land gevestig word, begunstig integrasie.
Hierteenoor is alle
aanduidings dat aparte ontwikkeling tot sy logiese uiteinde binne die swart
tuislande gevoer sal word, naamlik die vestiging van slegs swartes oor die
grootste deel van hul land en uieindelik onafhanklikheid.
Samevattend kan die uiteinde
van die huidige tendens soos volg gestel word: swart onafhanklike state en ‘n
vloeibare toestand daaromheen waar ons skynbaar afstuur op die onoorkomelike
probleme wat met integrasie gepaard gaan.
Die publiek se
houding
Te midde van die baie
gevaartekens om en aan ons, verraai die handelinge van individue, organisasies
en studente hul koersloosheid.
Vroeër het stadsrade,
belanstigsbetalersverenigings, kerkrade en ander groepe besluit dat blanke
woonbuurte blank by nag moet word. Die buurte wou nie blank word nie. Nou stel
die stadsrade parke oop vir swartes en maak stil-stil reg vir
kleurlinggroeipunte. Sommige gemeentes stel ook nou kerksale oop vir swartes.
Daar was tye toe mense dit as
‘n uitdaging gesien het om hul eie werk te doen. Hulle het geglo dat hulle
daardeur ‘n bydrae tot die ontplooinng van aparte ontwikkeling lewer. Dié tye
is verby. Vandag probeer hulle gelate om by omstandighede aanpas en voel
ongemaklik as hul nie die kloutjie by die oortjie kan bring nie.
Jongmense kan sake nie so
gelate aanvaar nie en soek na uitdagings. Hulle vind uitdagings in die stel van
uitdagende standpunte oor verhoudings tussen wit en swart.
Geleerdes uit stoere
Afrikanervestings doen ook mee. Een se glad dat swart en wit maar met mekaar
kan trou.
Redes vir trae
vordering
Waarom die trae onbesielde vordering—of agteruitgang—met apaarte ontwikkeling? Dit lyk asof mense hul idealisme verloor het. Die wil en die moed om persoonlik betrokke te raak, ontbreek. As die gees so swak is, hoe kan die vlees dan iets uitrig?
Hoekom het mense nie die wil
om betrokke te raak nie? Daar is twee hoofredes voor. Die eerste is dat ‘n mens
in teorie nou teen ‘n muur begin vasdink, want die teorie klop net nie meer met
die praktyk nie. Nêrens is daar eers ‘n agterdeur oop waar jou gedagte kan
uitglip en in die verbeelding ‘n ideale toestand vertroetel nie. Hoe kan ‘n
mens dan werk om die huidige mikpunte in die praktyk te verwesenlik, as dit nie
eers in jou drome ‘n oplossing bied nie?
Die tweede rede is dat die
mense geestelik totaal onvoorbereid is. Hulle het nog nooit gaan sit en die
koste van aparte ontwikkeling bereken nie; hulle is nog nooit opgelei en
voorberei vir die stryd nie; hulle is nooit persoonlik gekonfronteer met die
uitdaging om op te offer want anders sal die beleid misluk nie.
Daar is wel al sommige wat
vroeëer iets daadwerkliks wou bydra deur hul eie werk te doen. Vandag is die
meeste van hulle ontnugter. Hulle het gesien dat individuele selfwerksaamheid
in ‘n see van andersheid, ‘n vermorsing van energie is sover dit aparte
ontwikkeling aangaan. Die pogings word verswelg deur die teenoorgestelde gedrag
van andere in die omgewing en apartheid vir die land het geen tree gevorder
nie.
Die handelinge van sulke
aktiewe deelnemers is dus nooit beplan en gekoördineer om ‘n betekenisvolle
bydrae te lewer nie. Hulle pogings is gebruik soos wat ‘n leër sy soldate sou
gebruik as hulle een vir een gestuur sou word om die vyand te beveg. Dit gee ‘n
eenmansterkte in plaas van die sterkte van die volle mag.
Vereistes vir
vordering
Wanneer ‘n mens oor die voorafgaande punte besin, dan lyk dit asof daar baie strome is wat gekeer moet word. Maar eintlik is ‘n mens magteloos om sommige daarvan te keer. Die keerproses is geen gewone geveg waar ‘n mens net ‘n geweer kan opneem nie. Dit is ‘n stryd wat bemoeilik word deur getalle, ekonomiese oorwegings en ‘n mens se respek vir die swartman as mens met sy basiese behoeftes.
Die oplossing van die
probleem lê dus beslis nie in “hier-bietjie-keer” of “daar-bietjie-toegee” nie;
dit lê in iets groots; dit lê in iets wat die verbeelding kan aangryp en wat
die groot strome in die regte rigting kan stuur. Bykomende vereistes is soos
volg:
- Die mikpunte moet ‘n absolute permanente
oplossing bied, al is dit aanvanklik net in ‘n deel van ons land
- Die opofferinge van vrywillige blankes moet
gekoördineer en saamgesnoer word, dat dit wat bereik is nie weer wegsink
tot niks nie
- Dit moet prakties uitvoerbaar wees
Beleid wat sal
besiel
‘n Beleid wat aan voorgaande
vereistes voldoen is absolute skeiding. Die blankes doen hulle werk in hulle
gebiede, en die swartes weer hulle s’n. Daar bestaan alreeds ‘n mate van
absolute skeiding, want groot gedeeltes van swart gebiede is suiwer van
blankes. Al wat oorbly, is om ook groot dele van blank Suid-Afrika te suiwer
van swartes. Hoe groter die gebiede is wat suiwer is, hoe groter is die gebiede
waar ‘n permanente oplossing bestaan.
Die beleid is dus ‘n
steekhoudende deurvoering van aparte ontwikkeling in blanke gebiede soos wat in
swart gebiede gedoen word. Dat dit ook prakties is, word hieronder behandel.
Praktiese metodes
Dit is onprakties om blank
Suid-Afrika dadelik in sy geheel te suiwer. Die enigste metode is om by ‘n punt
of punte te begin en om dié dele dan uit te brei.
By watter punt sal
‘n mens begin?
Hoe gaan ‘n mens die boere in
die Pietersburg-distrik, byvoorbeeld, oortuig dat hulle gebied moet skoon kom.
Of, hoe gaan sê ‘n politieke party aan die inwoners van Bloemfontein dat
Bloemfontein vanaf 1980 geen swartes moet hê nie? Daardie blankes sal,
eerstens, nooit inwillig tot so ‘n stap nie, en tweedens weet ‘n mens nie wat
om met die swartes te maak nie. By die praktiese suiweringsproses stuit ‘n mens
dus voor die volgende probleme:
- Hoe word ‘n groep blankes in ‘n gebied gemotiveer
om saam te werk?
- Waarheen sal die swartes wat geskuiwe word gaan?
- As die aanvanklike gebied of gebiede te klein
is, is die moontlikheid nie daar
dat dit maar klein sal bly en vir die land as geheel geen verskil sal maak
nie?
Motivering van
blankes om saam te werk
‘n Geleidelike suiweringsproses wat byvoorbeeld deur manipulasie van werkreservering verkry kan word, sal help, maar dit sal nooit die knoop deurhaak nie. Dit bied geen uitdaging of inspirasie nie, en sal dus niemand motiveer nie.
Uit dure ondervinding weet ‘n
mens ook dat klein verstellings aan werkreservering soos met die omswaai van ‘n
hand verander kan word. Hulle weet dat bure wat nie saamwerk nie altyd metodes
vind om regulasies te omseil. Daar bly dus slegs een metode oor, en dit is om
heeltemal suiwer te begin.
‘n Heeltemal suiwer begin sal
so ‘n groot, algehele nuwe rigting vir die blankes wees dat dit nie maklik weer
tot niet gemaak sal kan word nie. Die uitdaging en permanentheid van die pad
sal genoeg persone inspireer om saam te werk.
Maar pioniers sal nooit
aanvanklik in een gebied saam gevind word nie. Dit is onwaarskynlik dat meer as
10% van die blankes in ‘n gekose gebied aan die begin sal wil saamwerk. Die
onwilliges se plekke sal dus uitgekoop moet word. Uit die aard van die saak sal
die aanvanklike gebied dan klein moet wees, en ook nie baie dig bewoon nie.
Die persone wat soontoe gaan
sal idealiste wees wat van oor die hele land saamgetrek word. Daar is van hulle
wat in die verlede al pogings aangewend het om aparte ontwikkeling te bevorder.
Ander het weer reeds vir jare in sirkels gedink en is nou ryp om vir so ‘n
geleentheid te spring. Die kragte van al hierdie mense moet nou saamgesnoer
word.
Die basiese beginsel van motivering van blankes om in ‘n gebied saam te werk is dus om heeltemal suiwer te begin; om eers die ys te breek deur gewillige blankes van oor die hele land saam te trek; en om in ‘n onontginde deel te begin sodat die verskuiwing—en dus die besware—tot ‘n minimum beperk sal wees.
Waar gaan die
swartes heen?
Swartes kan weggetrek word deur elders vir hulle werkgeleenthede te skep, soos wat tans in grensgebiede of tuislande gedoen word.
‘n Manipulasie van die
werkreserveringsbeleid kan ook baie bydra. Absulute werkreservering vir blankes
word aan blankes verskaf by die beginpunt van “landsuiwering.” In gebiede waar
uitbreiding verwag word, word ook streng werkreservering toegepas. Hierteenoor
word werkreservering in sekere ander gebiede weer verder verslap.
Die gebiede waar
werkreservering verslap word, moet gebiede wees wat die moeilikste blank sou
word. Hier sal ook die meeste werkgeleenthede vir swartes verkry kan word. Die
Witwatersrandse nywerheidskompleks, Durban en Kaapstad is logiese punte om
werkreservering te verslap.
Is klein begin die
moeite werd?
“Klein begin” sal beslis die moeite werd wees. So ‘n geslaagde begin sal ‘n baie groot geestelike krag ontketen, dit sal die ys breek, dit sal die blanke van Afrika se “4-minute-myl” wees. Die gedagte van landsuiwering sal sneeubal wanneer die land besef dat ‘n groep blankes êrens daarmee begin het—en dat dit geslaag het. Dan sal die land sien dat swart arbeid nie noodwendig goedkoop is nie en dat moderne meganisasiemetodes dit vir ‘n mens moontlik maak om redelik gerieflik sonder ongeskoolde werkkragte klaar te kom. Nuwe horisonne sal vir die blankes oopgaan, die muur waarteen hulle vasgedink het is weg, daar het ‘n agterdeur oopgegaan waardeur hulle gedagtes kan uitglip om drome te droom. En wie gaan ons keer as ons eers weer drome droom? Geestelike kragte is groter as ekonomiese kragte. Die suiwering sal dus baie vinnig voortgesit word.
Praktiese nut van
eerste gesuiwerde dele (groeipunte)
Buiten die funksie van geestelike motivering sal die eerste groeipunt(e) ook dadelik praktiese nut hê. Dit bied ‘n plek vir blankes om heen te gaan wanneer hulle deur die verslapping van werkreservering uitgedruk voel. Daar sal nou ook plek wees vir die blanke straatveër. Dit bied ‘n geleentheid en plek aan persone wat graag daadwerklik met aparte ontwikkeling wil help. In plaas daarvan dat hul individuele pogings oor die hele land versprei is, word dit hier saamgesnoer. Die produkte van gevorderde, georganiseerde nywerhede wat hier gevestig word, behoort ‘n groot leemte te vul.
Die groeipunte kan die
middelpunte vorm van akademiese en militêre bedrywighede. Opleidingsentra met
koshuise kan eksklusiewe opleiding verskaf. Die opleidingsentra, tesame met
navorsingssentra, behoort ‘n akademiese atmosfeer te skep waar akademiese
kongresse graag gehou sal wil word. Kortom behoort die gebied tot die hart van
blank Suid-Afrika te ontwikkel.
Die beginpunt
Die Hedrik Verwoerddam lyk an die ideale beginpunt . . .(hierdie gebied lyk aantreklik vir die leek, want daar is niks, en dit lyk of dit ideaal is. Later nadat ek navorsing gedoen het, het ek egter gevind dat die gebied nie lewensvatbaar vir iets groots is nie. Dit word verduidelik in ondergenoemde artikel, wat ietwat van ‘n uitbreiding is van wat verskyn in die boek wat ek geskryf het “Hartland van die Afrikaner,” Mei, 1990).
Hiermee die einde van die artikel wat destyds ook in die koerant verskyn het, Ek het dit ook na alle Nasionale Party volksraadslede gestuur--sonder n enkele reaksie. In Johannesburg waar ons gewoon het, was daar n klompie mense wat met hierdie gedagtes saamgestem het en het ons begin om n organisasie te probeer aan die gang kry. Ons het begin om n konsep konstitusie op te stel. Toe besluit ek, egter, om te kyk of SABRA nie sal wil saamwerk nie. Ek is na dr Jooste, destydse hoofamptenaar van SABRA met die bogenoemde artikel. Na oorweging daarvan het hy saamgestem en het ons vergaderings gereel wat uiteindelik gelei het tot die stigting van die Vereniging van Oranjewerkers in Junie 1980.
Ons uitgangspunt was n hartland wat die kern sou vorm van n uiteindelike Afrikanerland. Om daardie rede het my navorsing vir my getoon dat die Orania gebied nie geskik is nie. Dit was wel ideaal vir gemeenskapvorming. Ek gee nou vervolgens my redes waarom nie geskik vir eie land. Dit is ook in my reeds genoemde boek gestel.
Oraniagebied nie geskik vir ‘n volkstaat
In hierdie stuk word ‘n
aantal argumente gestel dat die Orania uitbreidingsgebied nie geskik is vir ‘n
Afrikanerland nie. Dit handel nie oor die Orania as gemeenskap nie. As
gemeenskap het dit wel ‘n goeie en groot rol te speel—soos ook ander
gemeenskappe.
Die Oraniagebied het die
volgende nadele, indien ‘n mens dit as ‘n moontlike Afrikanerland wil oorweeg.
- Dit is afhanklik van water wat van die buurland
afkomstig is. Daar is wel genoeg water in goeie reenvaljare, maar die
versekerde lewering in droë jare is heelwat minder. En soos wat die
kompetisie vir water al groter word, sal die kwesbaarheid veral in sulke
jare toeneem. Verder is die moontlikheid daar dat die buurland die water
sal verkoop teen ‘n steeds duurder wordende prys.
- Omdat
voedsel net met besproeiing in die gebied geproduseer kan word, is dit ‘n
duur proses. Ook kan slegs ‘n
beperkte hoeveelheid geproduseer word. Die Afrikanerland sal dus sy
voedsel moet invoer, selfs in goeie reenvaljare.
- Omdat
besproeiing duur is, is dit gewoonlik nodig om besproeingsgrond intensief
te bewerk en gewasse te kies wat daarby pas. Dit is dus arbeidintensief.
En dit is juis ‘n swakpunt van ons volk dat ons nie noemenswaardig eie
arbeiders het nie (Tog kan daar dalk in die huidige nood nou ‘n
arbeidergroep ontwikkel).
- Die gebied is baie swak geleë vir nywerhede, want
dit is ver van grondstowwe en ver van die mark. As iemand daar byvoorbeeld
‘n yskas wil maak, moet hy die staalplate, elektroniese toebehore ens.
alles van Gauteng af invoer. As hy ‘n probleem het dat iets nie werk nie
moet hy gou Gauteng toe ry om die probleem op te los. En as hy die yskas
klaar gemaak het moet hy dit weer terug vervoer Gauteng toe om daar te
verkoop. Dit is dus nie betalend om iets in Oraniegebied te vervaardig
nie, behalwe iets soos juwele waar vervoerkoste nie ‘n rol speel nie. In
oorsese lande neig nywerhede om bymekaar te wees, want al die kennis,
toerusting en bybehore help om kostes van vervaardiging laag te hou.
Daarom kry ‘n mens groot nywerheidsgebiede. Verder is sulke gebiede of
naby die mark, of naby die benodigde materiale.
Dit
is vir ‘n land strategies belangrik om fabrieke van swaar nywerheids- of
boeremasjiene te hê. Ons sal, myns insiens, moontlik op die gebied kan
kompeteer omdat inkomende masjiene ‘n bykomende vervoerkoste moet dra. Soos
reeds genoem sal dit nie in Orania gebied gedoen kan word nie, met al daardie
nadele, want die internasionale kompetisie is geweldig sterk.
- Oraniagebied is afhanklik van elektrisiteit wat
van elders moet kom. Daar is nie steenkool nie. Dit kan wel kernkrag wees,
maar hoe begin jy so ‘n kragstasie wat miljarde sal kos?
- Dis ‘n uitgestrekte gebied met duur
infrastruktuur om in stand te hou.
- Daar is
baie Kleurlinge. Dit sal moeilik wees om van hulle te skei in ‘n eie land,
want hulle praat Afrikaans, en is nader aan ons. En as ‘n mens tog
Kleurlinge wil aanvaar is daar pasliker gebiede in die Kaap
- Die argument van “dat daar nog niks is, en ‘n
mens dus makliker aan die gang kan kom” gaan ook nie op nie. Eerstens is
daar tot dusver niks om goeie redes soos wat ek hierbo genoem het. En
tweedens, as besighede tog ontwikkel kan word wat arbeidintensief is, sal
dit ‘n suigkrag uitoefen vir ander volke. Dus sou die probleem wat in
digter bewoonde dele van die land nou reeds geld ook later daar geld. Dit
word net uitgestel.
- Dis ook
nie die deel waarvoor ons geveg het nie. Dis nie waar die meeste van ons
woon en die vrugte van ons ontwikkeling geniet nie. Ons verdien tog iets
beter. Dit is vir die meeste van ons vreemd. Daar het ‘n mens geen nut van
al die bates wat ons volk oor jare opgebou het.
- En, wat baie belangrik is: Dit sal nie moontlik
wees om in die Oraniagebied magsmiddele op te bou wat ‘n mens instaat sal
stel om jouself te handhaaf ingeval van probleme met ander lande nie. Om
sterk te wees moet jy ‘n sterk ekonomie hê, en byvoorkeur strategiese
bronne hê waar andere van afhanklik is. En dít het die Oraniagebied nie.
Die gebied is juis omtrent van alles afhanklik.
- Samevattend van die belangrikste argumente: In
die Oraniagebied (vir oorweging as Afrikanerland) sal jy altyd van die
naasliggende Suid-Afrika afhanklik wees vir water, elektrisiteit,
grondstowwe en markte. Dis ook ‘n uitgestrekte lae waarde gebied waar
ontwikkeling moeilik en duur sal wees. Ons is ‘n klein volkie wat niks
beduidend daar sou kan ontwikkel in die volgende eeue nie. Ons het ook nie
die agtergrond nie, en sal nie eers met oorsese lande op gelyke voet kan kompeteer
nie, hoeveel te meer nie as dit ‘n ongelyke voet is soos hierbo aangedui.
- Dit sal verkeerd wees as die mense van Orania vir
nuwe intrekkers sou sê: “Ons is ‘n gemeenskap, maar as die bom bars, sal
dit ons Afrikanerland kan word.” Dis eenvoudig nie waar nie. Dit kan dan
slegs tot ontnugtering lei. En alle praatjies wat uitglip dat dit die
Afrikanertuisland is, benadeel net die Afrikanersaak.
Die hooftrekke wat hier
genoem word is al op Oranjewerkers
byeenkomste bespreek voordat die Oraniapoging in 1992 begin is. Baie argumente
is al genoem voordat Morgenzon in 1984 as groeipunt begin is. Dit was gestel
aan die Volkstaatraad wat vir twee jaar daaroor besin het, en uiteindelik ander
gebiede verkies het as die Oraniegebied, soos aan my genoem is. Ek het dit in my boek, “Hartland van
die Afrikaner” [1990] behandel en verskeie gebiede vergelyk. Dis ook mettertyd
saamgevat soos hier weergegee en is oor jare aan individue gegee en in
geselsgroepe gepubliseer. Ek het die aanbieding van dieselfde gedagtes nou
effens verander.
Willem van Heerden