Monday, December 3, 2012

Hegel filosoof

Georg Wilhelm Friedrich Hegel (1770-1831)
Opgestel deur Willem van Heerden, Januarie 2014

Samevatting
Hegel se filosofie kan kortliks soos volg saamgevat word:
  1. Hegel kry uit geskiedenis iets ekstra binne-in/denkbeeldig wat nie deur gewone intelligente, aardse oorweging van die feite gesien kan word nie—dis sy historisisme. Sy idees hou verband daarmee.
  2. Die heelal, en ‘n mens se verstaan daarvan, ontwikkel voortdurend. Dit is ewolusie.  Maar, sê hy: “die gees alleen is realiteit.” Die ontwikkeling is dus “kultuur ewolusie.”
  3. Geen idee is absoluut waar nie. Wat  op 'n tydstip waar beskou word moet plek maak vir 'n hoër waarheid op 'n later stadium. Dis ewolusionêre groeiende waarhede, of kultuur ewolusie.
  4. ’n Sintese idee word verkry tussen twee teenoorgestelde idees (tussen tese en antitese), maar in opvolging is daar weer binne die sintese ’n nuwe tese en antitese. “Dialekties” hou die verbetering van idees oneindig so aan . . . tese, antitese, sintese . . .
  5. Godsdienste het hul tyd gehad en moet plek maak vir Hegel se filosofie, wat Absolute Idealisme genoem word. Tog het hy ook ’n godheid, die Absolute Gees wat in die wêreld is (panenteïsme, god is in die wêreld).
  6. Die Universele [Absolute Gees] is te vinde is in die Staat. Die Staat moet ge-eer word as die manifestasie van die godheid op die aarde en sy wette is dus onaantasbaar. Binne die staat kry groep-belange voorkeur bo dié van enkelinge.
  7.  Mense is inherent goed, het net leierskap (die Staat) nodig om hulle na perfektheid te lei [BA bl. 71].

Meer besonderhede
Hegel, ‘n Duitse filosoof, sien ’n ekstra binne/denkbeeldige-betekenis in die geskiedenis, bo die normale feitelike (historisisme, volgens Lewis). Dan verabsoluteer hy hierdie siening en verhef dit tot 'n enkele omvattende beginsel van interpretasie van die hele realiteit.

Volgens Hegel is die opeenvolgende filosofieë deur die eeue deel van ‘n voortgaande dinamiese proses. Hierdie proses word gewoonlik dialekties genoem; Geen stelling oor die realiteit kan die werklikheid presies weergee nie. By die hart van so ’n stelling is daar ’n teenoorgestelde stelling—teenoor tese ’n antitese. Interaksie tussen tese en antitese produseer ‘n sintese; hierin is weer ’n teenstrydigheid wat ’n nuwe tese voortbring en ‘n antitese en daarna ’n sintese. Die volgorde van idee-vorming word voortdurend herhaal. Hy noem sy “triad:” ‘Being’, ’Not-Being’ en ‘Becoming’ [Bestaan, Nie-Bestaan, en Wording, begrippe wat filosowe al 2400 jaar gelede gebruik het] wat alle bestaan beheer [Hierdie voortgaande verandering is ook die ontwikkeling van die Absolute Gees, wat lei na die uiteindelike bestaan van volledige self-bewuste denke (BA bl 61). Dus ontvou die heelal en ‘n mens se verstaan daarvan dialekties.

 Kortliks, die heelal en sy bewussyn—die mens—ontwikkel (HL bl 162, o). Dit is in ander woorde, “ewolusie.” Maar, hy sê dat gees alleen realiteit is, en praat hy eintlik van “kultuurewolusie.” Dit kom daarop neer dat verandering saamgaan met die ontwikkeling van die Absolute Gees.

Geen idee is absoluut waar nie. Wat  op 'n tydstip waar beskou word moet plek maak vir 'n hoër waarheid op 'n later stadium. M.a.w. dis ewolusionêre groeiende waarhede.

Volgens Hegel het godsdienste hul tyd gehad en moet plek maak vir sy filosofie wat Absolute Idealisme genoem word. Maar, dit is nie ’n god wat buite en bokant die wêreld is nie, maar wat homself openbaar as ‘n Wêreldgees, die binneste wese van natuur en bewussyn—panenteïsme, god is in die wêreld (nie panteïsme nie: alles is god, alles is goddelik).  Panenteïsme is ook al deur filosowe 2500 jaar gelede gestel] (BA bl 61).

In die ontwikkeling van sy stelsel word die individu as minder belangrik gestel. Een van sy radikale stellings is dat die Universele [Absolute] te vinde is in die Staat. Die Staat is die goddelike Idee wat op die aarde bestaan. Die Staat moet dus ge-eer word as die manifestasie van die godheid op die aarde. Die Staat is die beweging van God in die wêreld. Dit is nie moeilik om te sien nie dat diktators van die toekoms hierna gegryp het nie (BA bl 61) .

Volgens Lewis is die filosofie van Hegel ’n “slaaf filosofie,” en word “die wette van die Staat ’n absolute (vas, onaanraakbaar)” [TWL bl. 514, 517].

Kommentaar
Volgens Hegel toon die geskiedenis aan dat daar ’n geleidelike proses van ontwikkeling in die wêreld is wat progressief van laer na hoër vorms beweeg. Die belangrikste deel van die ontwikkeling, die realiteit, is die ewolusie van idees (kultuurrewolusie). Hierdie begrip is Hegel se historisisme, waar hy in die geskiedenis dinge ‘sien’ wat nie bewys kan word nie. Veral, maklik om raak te sien, is dat idees eerder voortdurend heen-en-weer- beweeg as progressief beter wordend.

Die Bybelse waarheid,
God se openbaring, staan as antitese, as absolute waarheid waarteen veranderende wêreldse norme gemeet kan word. Hegel aanvaar dit nie. Volgens hom word waarheid gevind in sintese, in ’n kompromie tussen idees. Mense soek vandag oral sintese en sien daardeur nie maklik objektiewe waarhede vas raak nie.

Gevolge
Dewey was hoofsaaklik verantwoordelik vir die aftakeling van die Weste se skole stelsel. Hy het gesê “Hegel het ’n deposito by hom gelos.”

Marx het sy idee van die inherente goedheid van die mens en dialektiese veranderings van Hegel gekry, (by Marx was dit egter nie idees nie, maar ekonomie), waaruit kommunistiese idees ontstaan het, met katastrofiese gevolge:

Solzhenitsyn vertel dat die tronk kampe in Rusland tot 15 miljoen mense op ’n keer aangehou het en dat vanaf die begin van die rewolusie tot 1959 ’n totaal van 66 miljoen gevangenes gesterf het [HL bl. 212, b].

Die Marxis, Pol Pot, het in Cambodia, tussen April 1975 en Januarie 1977, meer as 1 500 000 mense vermoor, ’n vyfde van die populasie. Behalwe die gelowiges, was sy doel om die stedelike elite uit te delg en om aan die ‘peasants’ mag te gee.

Daar is mense wat beweer dat vanaf die begin van die Russiese rewolusie tot 1990 sowat 85 tot 125 miljoen mense deur Staat Owerhede vermoor is. Dis waarskynlik meer as almal wat in die geskiedenis van die mensdom doodgemaak is [BA bl.72, o].

Bronne
Die letters, aan die einde van ’n skrywer se naam bv. (XY), word in die geskrewe stuk as verwysing gebruik. Partymaal is die inligting so vervleg tussen skrywers dat net ’n algemene verwysing gegee word.

Blanchard, John. “Does God believe in Atheists" [ble 636, 2de uitgawe, 2011], (BA)
Schaeffer, FA. “How should we then live,”  1976 . . . 2005, (HL)


Rousseau filosoof


Jean-Jacques Rousseau (1712-1778)
Opgestel deur Willem van Heerden, Januarie 2014

Samevatting
Samevattend is sy filosofie soos volg:

Vryheid van mense Die vrugte van die aarde behoort aan almal, en die aarde self aan niemand nie. Mense is inherent goed en almal behoort dieselfde morele en wetlike regte te hê. Almal moet vry wees, onafhanklik van sy medemens, sonder neerdrukkende verbande van huwelik, familie, kerk en werkplek—vrye outonome individue, wat elkeen sy ware self kan skep en tot hoër identiteit kan ontwikkel.

Verkryging van vryheid Vryheid word verkry in ’n gemeenskap waar alle goeie mense goeie leiers kies wat die algemene goeie gedagtes sal omskep in goeie wette van die Staat wat gevorm word. Binne die Staat sal die mense vry wees, heeltemal onafhanklik van sy medemens—outonome individue wat net afhanklik van die staat is. Omdat daar, egter, tog afwykende, korrupte mense sal wees, sal die Staat sulkes moet dwing om die wette te gehoorsaam.

Mense moet hulself gee Met die vorming van so ‘n gemeenskap, moet almal hulle self, met al hul kragte en eiendom, hulself aan die gemeenskap “gee.” Die reg op grondbesit word nie baie duidelik beskryf nie, maar kom blykbaar daarop neer dat iemand grond kan kry wat hy nodig het en kan bewerk. Daar word nie gesê of iemand, wat baie grond gehad het, dit sal verloor nie, wanneer hy homself aan die gemeenskap “gee.”

Godsdiens 
Hoewel  hy verklaar het dat hy tot die Calvinisme bekeer is (om weer burger van Genéve te kon wees, nadat hy vir ’n tyd weg was), het hy sy eie idee gehad van ‘n soort siviele godsdiens om die waardes, wat aan die orde gestel word in sy voorgestelde nuwe tipe Staat, te bevestig en die wette daarvan tot iets heiligs te verhef. Hy ontken oorspronklike sonde en goddelike openbaring. Verder het hy ook verkondig dat alle gelowe van gelyke waarde is, en dat daar toleransie vir godsdienste moet wees, maar die ware volgelinge van Jesus sal nie goeie burgers uitmaak nie. Hy weet van niks wat meer teen die sosiale gees is nie as die Christendom nie [TWL bl. 380].

Agtergrond
Rousseau, die filosoof, is gebore in Genève waar hy as Franssprekende opgegroei het, maar hy was ook vir lang tye in Frankryk. Baie bloedige rewolusies het ontstaan a.g.v. sy beklemtoning van die onregverdigheid van ongelyke regte tussen mense in dieselfde gemeenskap
.
Rousseau se idee dat beskawing kunsmatig is, is miskien minder verbasend as ‘n mens besef dat die Frankryk van daardie tyd dit wel was. Dink aan die Franse aristokrate van die 1700’s. Vrouens wat skuil agter gepoeierde pruike, met gepoeierde, witterige gesigte, in rokke met oormatige linte en juwele. Mans wat pronk in lang krullerige, gepoeierde pruike, ornamentele klere en hoë polvy skoene. . . .En, hierteenoor, baie ander mense in verslonste klere. Hierdie toestande was vrugbare teelaarde vir toepassing van Rosseau se idees.

Rousseau as mens
Hy het verskeie dames omgegaan en uiteindelik by sy huishoudster, Thérese, met wie hy later getrou  het, 5 babas gehad. Hy het elke baba toegebinde bondeltjie op die trappe van ‘n “foundling asylum” gelos. Baie van die babatjies wat daar gelos word sterf, en wat wel groot word, word bedelaars!  In sy laaste boek het hy getreur dat hy eenvoudig nie die moed gehad het om kinders groot te maak nie. Hy kon later ook nie sy seun opspoor nie.

Sy uitstaande kenmerk was hoogmoed, en sy snaakse kleredrag en ru maniere was ‘n doelbewuste uitlewing van sy filosofieë.

Kommentaar
Die eerste probleem met Rousseau se stellings is dat mense nie alles sal gee en saamkom om leiers te kies nie. Een of ander drukgroep met die grootste mag sal die leiers kies. Dit sal dan die Staat wees wat die mense “bevry.” Die staat sal al die bande verbreek, en die individu losmaak van getrouheid aan enigiets behalwe homself en die Staat.

Rousseau se basiese stelling dat mense inherent goed is, is foutief. Sedert die sondeval neig mense na die kwade en dit blyk duidelik so te wees in die praktyk. Verder sê hy mense moet los wees van sosiale bindings. Een nadeel daarvan is dat sulkes makliker gemanipuleer kan word deur nuwe maghebbers. En as daar ook nie absolute morele waardes gestel word nie, is enige houding moontlik en kan ‘n stelsel  ontwikkel wat die grootste ongelykheid tussen mense veroorsaak wat ‘n mens kan kry, soos onder kommunisme gebeur het. Die leiers en ondersteunende groep het luukse bevoorregte posisies vir hulself uitgehou, terwyl ander in armoede aangeploeter het. Miljoene mense is vermoor.

Volgens Christen maatstawwe is sosiale verhoudings baie belangrik.  Man en vrou, die gesin, die familie, is die basiese boustene in ‘n gemeenskap. Die gesin en ander verbintenisse in kerk en ander organisasies, maak dat mense nie so maklik gemanipuleer kan word nie, as wanneer elkeen op sy eie sou staan sonder enige verbintenisse.

Bronne
Die letters, aan die einde van ’n skrywer se naam bv. (XY), word in die geskrewe stuk as verwysing gebruik. Partymaal is die inligting so vervleg tussen skrywers dat net ’n algemene verwysing gegee word.

Colson, C en Pearcey, Nancy. ”How now shall we live," 1999, (HNL)
Pearcey, Nancy. “Total Truth,” 2004, (TT)
Rousseau, “Discourse on the Origin of Inequality” [1554] en sy “On the Social Contract.”
Lewis, C'S. “Timeless writings of CS Lewis,” (TWL)

Sunday, October 14, 2012

Boeke te koop


 
Boekelys September 2012
 
 
Word verkoop saam met tydlyne op die Tydlynstalletjie op die boeremark
 
Ook in Villieria beskikbaar, of deur reëling: W van Heerden 0123334020, willem@diemoot.net
 
Answers:
“The creation answers book”  [263 ble, 2006, 3de uitgawe 2009 ] Antwoorde op meer as 60 vrae wat die meeste oor evolusie gevra word
R 110.00
Answers:
“Answers to 4 big questions” [60 ble, 7de druk 2005]
R 10.00
Answers:
"The new answers book, book 2" [ble 359, 2de druk 2009] Antwoorde op meer as dertig vrae oor die skepping, onder redaksie van Ken Ham
R 120.00
Answers:
"The answers book, book 3" [Onder redaksie van Ken Ham
 
Answers:
"Skeptics vs Creationists" [ble 47, 2006] A formal debate
R 25.00
Augustinus
"Confessions" [ble 329, slap band uitgawe 2011] Oor sy lewe en latere bekering
R 105.00
Augustinus
"The city of God" [ble 781, derde druk 2011]
R 120.00
Belcher, Richard P
"A journey in purity, a theological novel" [ble 213, 1996]
R 119.00
Blanchard, John,
 “Ultimate questions” [31 ble, 2011] 
R 10.00
Blanchard, John,
 “Lewensbelangrike vrae” [31 ble, 2010] 
R 10.00
Blanchard, John,
"Does God believe in Atheists" [ble 636, 2de uitgawe, 2011] -- Deeglike bestudeerde antwoorde op ateistiese stellings van filosowe en ander. Die boek bevat baie waardevolle inligting, o.a. dat dit foutief is dat alle godsdienste 'ontwikkel' het van baie gode na een. Moderne studies toon dit andersom. "The evidence indicates degeneration from a true knowledge of God." Baie inligting teen 'n goedkoop prys.
R 105.00
Bruwer Pieter F
"Bloeiende blare" [ble 287, tweede uitgawe 2010] Pieter was 'n voltydse amptenaar van die Oranjewerkers, en moes later na Canada emigreer omdat daar die toepaslike werk vir hom en sy kinders was nie. Dit is die heel eerste Afrikaanse boek wat in Canada gedruk is. Dit bevat goeie gedigte, o.a. 23 ook oor ons land en volk onder die opskrif "Die oerwoud kom."
R 170.00
Colson C en Pearcey N
"How now shall we live" [ble 641, 1999] As ons net ons normale Christen aktiwiteite in die gemeentes doen, sal die Christendom privaat bly, op 'n syspoor gerangeer, sonder die invloed wat van Christene behoort uit te gaan. Ons moet op alle vlakke buite eie kring die kultuur terugbring na 'n Christenkultuur, ons kort 'n Christenwêreldbeskouing. Probleme word gediagnoseer en oplossings aangebied. Dis 'n goeie handboek vir vandagse Christen. Dit bou voort op waarhede wat deur Schaeffer raakgesien is. Die ander boeke van Nancy Pearcey is verdere opvolging van die basiese gedagtes. Tog is almal waardevolle toevoegings al is daar effens oorvleueling.
R 169.00
Crowe, Donald D,
 “Creation without compromise” [291 ble, 2009]
R 89.00
Dooley en Looney
"The true story of Noah's ark" [ble 71, hardeband, groot formaat, 8ste druk 2010], groot illustrasies, goed vir kinders
R 160.00
Grant Reg
"Storm" [ble 421, 2003 -Afrikaanse uitgawe] Oor Martin Luther
R 65.00
Ham, Ken,
 “The lie, evolution” [172 ble, 31ste druk 2009]
R 105.00
Hartnett, John,
 “Dismantling the big bang” [330 ble, 2de druk 2006]-- die tekorte van die model word aangetoon
R 150.00
Hartnett, John,
 “Starlight, time and the new physics” [231 ble, 2007] -- 'n Bybels verantwoorde,  wiskundige model van hoe die skepping kon plaas gevind het, sodat ons sterre kan sien wat miljoene ligjare van ons af is.
R 140.00
Hitchens, Peter
"The rage against God" [ble 218, harde band, 2010] -- Hoe hy wat joernalis en ateis was tot geloof gekom het, ook geskrywe om sy broer te vertel wat nog 'n baie aktiewe ateis gebly het. Sy broer het egter intussen gesterf.
R 188.00
Huggins, James Byron,
“Rora” [ble 469, 2007] Gebaseer op ware verhaal van hoe Waldense in Cromwell se tyd deur die Roomse kerk vermoor is. Dis 'n geweldige verhaal
R 110.00
Lewis, CS
"Surprised by joy" [ble 237] Hoe sy lewe voor sy bekering was en wat hom beinvloed het om uiteindelik die regte pad te vind
 
Lewis, CS
"God in the dock" [ble 340] Opstelle oor teologie en etiek
R 142.00
Lewis, CS
"Screw tape letters' [ble 209, 1942, 1996] Briewe van die "duiwel" Screwtape, vir advies aan sy neef, 'n groenjie-duiwel, Wormwood, wat onder bevel was om 'n jong man se ondergang te bewerkstellig
R 120.00
Lewis, CS
"Mere Christianity" [ble 227, 1952, 1980]
R 127.00
Lloyd-Jones, Martyn
" Faith on trial" [ble 178, 1965, hierdie uitgawe 2008] Studies oor Psalm 73
R 64.00
Lloyd-Jones, Martyn
"The cross" [ble 217, 1986] God's way of salvation
R 98.00
Lloyd-Jones, Martyn
"The kingdom of God' [ble 222, 1992, 2010]
R 79.00
Lloyd-Jones, Martyn
"Seeking the face of God" [ble 172, 1991, 205]
R 87.00
Lloyd-Jones, Martyn
"Great doctrines of the Bible (God the Father, God the Son, God the Holy Spirit, The Church and last things)" [ble 894, 2003, hardeband]
R 396.00
MacArthur John
"Divine design" [ble 209, 1994, 2de uitgawe 2006] Die komplimentêre rolle van man en vrou
R 95.00
MacKenzie Catherine
"Na duisternis - lig" [ ble 101, 2009] Oor Johannes Calvyn
R 35.00
Morris en Austin
"Footprints on the ASH" [ble 125, hardeband, 2de druk 2005]--Mt st Helens, VSA, 1980, illustreer laagvorming en canyon-voming binne 'n paar minute, dae, of 'n jaar, nie miljoene jare daarvoor nodig nie
 
Mouton, HD
"Verken lewenswetenskappe verder" [ble 152, 2007] Antwoorde op stellings i.v.m. evolusie wat gemaak word in die handboek vir Gr 11-12 in die Staatskole leerplan
R 60.00
Murray Ian H
"The puritan hope" [ble 264, 1971, 5de druk 1998] 'n studie in herlewing en interpretasie van profesië
R 75.00
Nickel James
"Mathematics: is God silent?" [ble 309, hersiende uitgawe 2001] Hoe wiskunde in die skepping inpas, ook 'n tydlyn
 
Oard en Snellenberger
"Life in the great ice age" [ble 71, hardeband, groot formaat, 10de druk, 2004] groot illustrasies, vir kinders
R 140.00
Oard, Michael J
"Dinosaur challenges and mysteries" [ble 166, hardeband, grootmaat, 2011], illustrasies en hoe die vloed sin maak by die oorweging van bewyse soos spore neste, eiers en bene
R 200.00
Pearcey, Nancy
"Saving Leonardo", a call to resist the secular assault on mind, morals and meaning" [ble 281, grootmaat, hardeband, 2010] -- 'n Goeie boek, wat ook die tipes skilderykuns van elke wêreldbeskouing behandel
R 200.00
Pearcey, Nancy
"Total truth" [ble 465, 2005] Vir Christene om los te kom van hul sekulêre kultuur gebondenheid, om 'n Christen wêreldbeskouing op te bou op die totale waarheid van die openbaring in die Bybel. 'n Uitstekende boek, gebaseer op baie navorsing. Invloede van denke en gebeure  op die Christendom word aangetoon, en aangevoer dat die Christengeloof nie net in 'n aparte kompartement tuishoort nie, maar oral in die kultuur.  Goed geskryf deur iemand wat as tiener rebels teen die Christendom was, en later tot bekering gekom het na besoeke aan L'Abri van Schaeffer, in 'n vallei teen die Alpe van Switserland.
R 133.00
Pelser, Pieter J
"Die evolusie illusie" [ble 150, 2007]
R 30.00
Rose Publishing
"Rose book of Bible charts maps and timelines" [ble 188, hardeband, groot formaat, 2005] handige samevattings uit die Bybel, en 'n tydlyn
R 260.00
Sanford, J C,
 “Genetic entropy” [206 ble, 2005, 2006, 2008]-- die mensgeslag gaan agteruit a.g.v. klein mutasies per geslag. Die kumulatiewe effek is groot. Dis die teenoorgestelde van evolusie--dis de-volusie
R 196.00
Sarfati, Jonathan,
 “Refuting evolution 2” [238 ble, 5de druk 2011]
R 105.00
Sarfati, Jonathan,
 “Refuting evolution” [139 ble, 4de uitgawe 2008]
R 158.00
Sarfati, Jonathan,
“The greatest hoax on earth?” [322 ble, 2010] -- 'n reaksie op Richard Dawkins se boek oor evolusie, "The greatest show on earth"
R 178.00
Sarfati, Jonathan,
"By design" [ble 244, 2008] Bewyse van inteligente ontwerp in die natuur
R 159.00
Schaeffer, Francis A
"The God who is there" [ble 214, 2de uitgawe 1982 ] -- Ons geloof is nie net 'n geloofsprong in die duister nie, dit pas met wat ons rondom ons sien, daar is redelike redes voor: (1) Die wonderlike skepping, ons kan dit sien, dis waar. (2) Die sondeval: Ons kan dit in mense se lewens sien--dit is ook waar (3) God se openbaring--dis ook in die geskiedenis opgeteken (4) Die verlossing, kan ook gesien en ervaar word
R 110.00
Schaeffer, Francis A
"How should we then live" [ble 258, 1976 maar laaste 2005] Die opkoms en verval van Westerse denke en kultuur. Hierdie is een van 24 boeke wat Schaeffer geskryf het. Dit gee 'n oorsig oor sy insigte oor Bybelse waarhede en die invloed van kultuur en ander wêreldbeskouings op die Christendom. Hoe verder 'n mens lees in die boek, hoe duideliker word die invloede van die omringende denke en gebeure op die Christendom. 
R 120.00
Schaeffer, Francis A
"The God who is there, Escape from reason, He is there and He is not silent" [ble 350, 1990 3 in 1 hardeband]
R 150.00
Van Heerden, WM
"terug na die Christenlewe" 'n Vertaling van die vierde deel van "Back to basics" redakteur David G Hagopian [ble 112, die hele boek was 294 ble (1996] 'n Duidelike uiteensetting van wat 'n Christen is en hoe hy/sy moet lewe, veral ook in sy werk, soos deur gereformeerdes gesien
R 50.00
Van Heerden, Willem en Hettie
Tydlyn van die begin van die skepping af, dus vanaf ongeveer 6000 jaar gelede, op 'n 3.4 m lengte papier. Saam met Bybelse gebeure word ander beskawings getoon. Die driehoekvormige figure wat mense voorstel, maak dat vinnig 'n duidelike beeld gevorm kan word. Papierafdruk: R100, gelamineer: R230
R 100.00
Wilson, Douglas
"Letter from a Christian Citizen" [ble 109, klein formaat] -- 'n Reaksie op "Letter to a Christian Nation" deur die ateis, Sam Harris
R 30.00