Tuesday, November 8, 2011

Trojaanse perd

Samevatting van die boek: "Die Trojaanse Perd in die NG-Kerk"
(Dit het ook in "Die Boodskapper" verskyn)


Die Trojaanse Perd in die NG Kerk
WM van Heerden
Hierdie insiggewende boek beslaan 253 bladsye en is geskryf deur die volgende lidmate van die NG Kerk: dr Henrietta Klaasing, dr Hennie Mouton, ds Gedeon Aggenbag, Daniel Louw, ds Jan Louw, ds Hannan Viljoen, en dr Koos Visser.  Omdat daar so baie skrywers is, bestaan die boek tot ‘n groot mate uit losstaande eenhede wat nie heeltemal geïntegreer is nie, maar dit hinder nie.
Die twee hoof oorsake vir die huidige dwaling in die NG kerk kom uit die boek duidelik na vore: skrifkritiek en evolusie. Daar is ook ‘n derde belangrike faktor: die wyse waarop die nuwe denkrigtings bevorder word deur, wat ‘n mens magstrukture kan noem. 
Skrifkritiek Eerstens is skrifkritiek: ‘n manier waar die teoloog hom die reg toe-eiën om die inhoud van die teks self te bevraagteken.  Dit kom van ver af, want Volgens Britz (Artikel van 14 bladsye in die gereformeerde internettydskrif, Vox Viva, in Desember 2007. http:www.glodiebybel.co.za/images /Leers/vox viva 62 des 2007.doc wat in Hoofstuk 1 aangehaal word) het historiese kritiek (in die algemene sin van die woord) oor die afgelope 50 jaar ‘n fundamentele uitgangspunt in die teologiese opleiding van die NG Kerk geword.
Evolusie Tweedens aanvaar teoloë die hipotese van evolusie as sou dit wetenskap wees en dit is ‘n geloof wat teenstrydig is met die Bybel. “Richard Dawkins,  verklaar onomwonde dat evolusie hom van enige godsdiens laat afsien het, en dat Darwinisme hom toelaat om ‘n intellektueel vervulde ateïs te wees.”

Magstrukture In Hoostuk 8 (Ongelyke speelveld ) word getoon hoe bestaande strukture gebruik word, en nuwes geskep word om waarhede van die Bybel af te takel en nuwe denkrigtings te bevorder. Die teologiese opleiding van die NG Kerk is die eerste en belangrike, van waar dit ook na ander deursyfer.  Die ander magstrukture word aan die einde van hierdie oorsig behandel.
Gevolge van Skrifkritiek en evolusiegeloof
Skrifkritiek en evolusiegeloof lei tot allerhande uitsprake en optredes, en ongeloof in die Bybel wat op verskillende wyses na vore kom:

“Nou is dit ‘n “metaforiese teologie” waar, byvoorbeeld, die opstanding van Christus nie letterlik as historiese gebeurtenis gesien word nie, maar simbolies vertolk word.”

Dan weer “Hierdie teologie is uiteindelik op pad na volle verheerliking van die mens in die universele godsdiens van die Nuwe Era of ‘New Age.’ Dit is die godsdiens waar die mens weggedoen het met die persoonlike God aan Wie hy verantwoording verskuldig is; die godsdiens waar hy vir hom ‘n nuwe god—onder andere die god van die panenteïsme—geskep het, met wie hy nou deur meditasie en mistisisme kan kontak maak.”


En, in ‘n boek: Die benadering dat die Bybel deur God ingegee is, is “onwetenskaplik en ontdaan van enige integriteit.” So skryf dr Ben du Toit in sy  Andrew Murray-bekroonde boek: Geloof in ‘n postmoderne tyd. Dr du Toit is ‘n moderamenlid van die NG Kerk se Algemene Sinode en is verantwoordelik vir kommunikasie en Parlementêre skakeling.   
“In wese is die postmoderne teoloë se verstaan van die Skrif van so ‘n aard dat daar nie juis veel van die Evangelie oorbly nie. Die maagdelike geboorte van Christus én sy liggaamlike opstanding word verwerp. Die kruisdood word deur sommige geleerdes as ‘n wrede daad van die Vader uitgebeeld.”
Een resultaat van die nuwe tendense is die besluit van die Sinode in 2002 oor skrifbeskouing. ‘n aanduiding hiervan word deur die volgende sinsnedes daarin gegee:
·         “volgens moderne standaarde nie voldoen aan wetenskaplike eksaktheid nie”
·         “wetenskaplike ‘swakheid’”
·         “geen aanspraak op  historiese eksaktheid nie”

Tendense wat in die verskillende hoofstukke bespreek word
Die ontluikende kerk
 Daar is ‘n betreklik nuwe ontwikkeling wat die Christelike kerk wêreldwyd oorspoel het (sederd 2004): die Ontluikende Kerk  (Emerging Church). “Dis ‘n beweging of ‘n stroming eerder as ‘n gestruktureerde organisasie of kerkverband. Een van die filosofiese uitgangspunte van dié beweging is dat dit ‘n deug is om onseker te wees of twyfel te hê oor geloofsake!”
Dis  ‘n “ . . . subtiele postmoderne ‘herverwoording’ van die evangelie . . . is bo alles ‘n aanslag op die Bybel . . . Alles kom uiteindelik neer op die ontkenning van die duidelikheid van die Bybel. Ten diepste is dit egter ‘n weiering om te aanvaar en te gehoorsaam wat die Bybel duidelik sê.”
“Talle sogenaamde behoudende Suid-Afrkaanse teoloë en kerkleiers wat nie deur vorige dwaalstrome soos die Jesus Seminaar en Nuwe Hervorming meegesleur was nie, het nou blykbaar met groot ywer ingekoop op die Ontluikende Kerk. “   Hulle het die “deure in SA wyd oopgegooi vir ontluikendes soos Leonard Sweet, Rob Bell, Brian McLaren, Tony Jones en Erwin McManus.”
“In sy boek Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede: Geloofsgemeenskappe in pas met ‘n Postmoderne Wêreld, propageer prof. Nelus Niemandt van Tukkies bogenoemde ontluikendes se idees en postmoderne paradigma sonder enige voorbehoude. . . Onder die opskrif ‘My kop is geswaai’ skryf die bekende prof Stephan Joubert in sy voorwoord tot dié boek: Nelus Niemandt is een van die invloedrykste denkers . . . Sy insigte is asemrowend . .. ‘  Die Nuwe Drome-boek sê hy is ‘n ‘absolute juweel . . . kop-oopmaak materiaal . . horison-verskuiwend . . . “ ens.   Die boek is nou  ‘n voorgeskrwe boek vir teologiese studente.
“Die misleiding van die Ontluikende Kerk word tans op groot skaal deur die kerklike media in die Suid-Afrikaanse gemeenskap ingedra  . . . op Radiokansel . . en RSG . . . Rob Bell het die sentrale tema gevorm van ‘n nuwe reeks Christelike TV-programme op SABC 2 getiteld ‘Ware Noord’ . . . the Shack . . . Rob Bell se Nooma-DVD’s word in talle NG Kerke vertoon.”
Homoseksualiteit
In Oktober 2006 het die NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers, drs. Ben du Toit en Kobus Gerber, die Suid Afrikaanse Regering aanbeveel om voort te gaan om homoseksuele wette te magtig.
Ds Johann Symington wou in 2005 eers nie ‘n betaalde advertensie in die  kerkbode toelaat van ‘n boek van dr Peet Botha nie. Daarin staan dat “die beskouing dat homoseks ‘n normale variant van seksualiteit is ‘n volskaalse aanslag op die kernwaarhede van die skrif is (Symington was toe redakteur van die Kerkbode).”
 “Op 30 Mei 2007 pleit verskeie bekendes [twintig] in ‘n ope brief aan die Algemene Sinode van die NG Kerk dat die kerk openlike “gay” predikante op die kansel moet toelaat! Dit sluit die volgende teoloë in: ds Frits Gaum, dr. Alphonso Groenewald, prof. Julian Müller, prof. Wentzel van Huyssteen, ds Willem Nicol, prof. Denise Ackerman, dr.Sorita Baard, dr. Allan Boesak, dr Gerrit Brand, prof. Johan Cilliers, prof Etienne de Villiers, prof. Yolanda Dreyer, ds Liena Hoffman, prof. Louis Jonker, prof. Christo Lombard, ds. Llewellyn MacMaster, prof. Elna Mouton, prof. Jeremy Punt, prof. Gert Steyn en dr. Robert Vosloo.”
Op 8 Junie 2007 reik die NG Kerk sy nuutste [onduidelike] verklaring oor homoseksualiteit uit.  Hierna, in ‘n onderhoud in ‘n program op TV, praat Symington asof die nuwe beleid nie noodwendig teen homoseksuele verhoudings of homoseksuele huwelike gekant is nie.  “Volgens Laurie Gaum, ds  Frits Gaum se seun, en praktiserende homoseksuele predikant, is hy teleurgesteld [blykbaar oor die Sinodebesluit, wat nie duidelik genoeg is nie], maar dit is nie die einde nie.”[Frits Gaum was natuurlik ook vroeër redakteur van die Kerkbode! ‘n ry Kerkbode redakteurs is blykbaar eenstemmig!]
Sinodebesluite oor homoseksualiteit: in 1986 was dit nog redelik, in 2004 was daar ‘n groot ommekeer, en in 2007 was dit so onduidelik, soos hierbo genoem.
Evolusie
In Hoofstuk 6 word voorbeelde genoem van persone se uitsprake oor  evolusie, waarop duidelik teenantwoorde gegee word. Met dit alles word dit duidelik wat evolusie is en wat die  Bybel se weergawe is.

Uittreksels van die antwoorde wat gegee word is: “daar bestaan  geen behoorlike wetenskaplike verklaring vir die ntuurlike ontstaan van die eerste lewe uit dooie materie nie. . . Geen bewese natuurlike meganisme bestaan om genetiese inligting te vermeerder nie. . . Daar is geen bewys dat een soort in ‘n ander soort kan verander nie—die sogenaamde ‘verlore skakels’ tussen alle soorte is nog nooit gevind nie—ook nie tussen die mens en die aap nie.”
Saambly
‘n Nuwe boek het nou verskyn: “Kan ons nie maar net saambly nie?” onder redakteurskap van Chris Jones. In die voorwoord sê dr Anton Pienaar (redakteur van die Kerkbode): Dit is ‘n poging om gehalte-huweliksverhoudings en, waar dit van toepassing is, waardige saambly-verhoudings te bevorder.” Adrio König kom ook hier aan die woord, en ander: Christina Landman, Louis Jonker (prof in Ou Testament Fakulteit van Teologie US), Jeremy Punt (prof Nuwe Testament US) Julie Claassens  (Ou Testament US), Antoon de Klerk (rekenmeester) en Gerda de Villiers (UP). Op die agterblad van die boek word o.a.  gesê: “Lees en dink saam oor al die aspekte van saambly en beslluit self wat vir julle die beste gaan werk.”
 James Kirkpatrick, hoof van Leer en Aktuele Sake in die Kerk het ook ‘n nie-Bybelse houding oor saambly en propageer dit waar hy kan.
Daar is nog nie ‘n Sinodebesluit oor saambly nie.
Dit is verblydend dat ‘n Bybelgefundeerde Bylaag (Bylaag B) in die boek ingesluit is: Verklaring van Doornkloof NG Kerk oor “Grense en Saambly.”
Liberale magstrukture
Hier volg van die liberale strukture wat reeds bestaan en ‘n sterk invloed uitoefen.
Die webtuiste www.teo.co.za
Prof Gerda de Villiers (UP se teologiese fakulteit en redakteur van die Webtuiste) glo dat Genesis  ‘n mite is. Vir haar is dit heeltemal te benouend om die Bybel as waar te aanvaar. Sy het verder o.a. ook gesê “God en die gode van Egipte is ‘n uiters geslaagde filosofiese, spirituele ontdekkingsreis, en beslis ‘n aanwins in die eenogige geloofslewens van die Afrikaanse Christendom.”  Prof Alphonso Groenewald van UP, skryf op dié webtuiste in “Die Profete: Godsdienshistoriese posisie” dat profete eintlik eers so 1000 v.C. verskyn het, en dat hulle monoteïsme ingevoer het . . . ook dat hulle net oor die hede en die nabye toekoms ten opsigte van hulleself gepraat het.”
NG Kerk se seisoen van luister 
George Claassen was die  uitgenooide hoofspreker by die openingsdag (2 Febr. 2010) van die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Claassen is ‘n bekende ateïs. Na hierdie  geval waar ‘n godloënaar met ope arms te ontvang is, wou die fakulteit nie ‘n Bybelgelowige (‘n ontwerp-ingenieur) toelaat om die Bybelse standpunt oor die skepping te stel nie. Prof Julian Müller het dit afgewys. Prof Cornél du Toit het na Claassen se voordrag gesê dat hy nie veel van hom  oor evolusie verskil nie. By dieselfde geleentheid het prof. Danie Veldsman gesê dat hy evolusionisme aanvaar, maar hy glo darem dat die teologie kan argumenteer teen die “nie-bestaan” van God.
Die Kerkbode
Die redakteur is dr Anton Pienaar (ook predikant van die NG Gemeente Suid-Oos Pretoria) en Jean Oosthuizen, nuusrekakteur. Anton Pienaar se beïnvloeding kan gesien word, o.a. in die artikel (Luister fyn na hulle wat saggies wegloop) waarin hy aan die einde daarvan sê hoe mense saggies wegloop [van die kerk], omdat  “. . . hulle die liefdelose geraas nie meer kan verduur nie.”  “. . . Want hulle het ander insigte oor evolusie en hulle betrokkenheid by gays maak dat hulle nie meer veroordelend kan wees nie. Hulle is nugter en eerlik oor samelewingstendense soos saamwoon.”
Die  “Diversiteitsforum het kort na die totstandkoming daarvan al meer en meer publisiteit op Kerkbode begin kry.”
Kerkbode-aanlyn
Die webwerf (www.kerkbode.co.za) het  “Ondanks skreiende Godslasterlikhede op Kletskerk vir jare lank ‘n elektroniese skakel na Kletskerk bevat. Dit is eers in Januarie 2010 verwyder nadat NG-lidmate aanhalings uit Kletskerk geneem en ‘n e-pos-aksie aan die gang gesit het om die NG-kerkleiding te laat optree.” “Prominente figure in die NG Kerk, soos ds Danie Mouton (van die Oos-Kaapse leierskap) en Nelus Niemandt, het voordat die Kletskerkskakel vanaf die Kerkbode-aanlyn verwyder is, hul hoop en verwagting uitgespreek dat die skakel sou bly.”
Daar is selfs op ‘n keer stemme gemanipuleer: die stemme het maar drupsgewys gekom tot by 70, waarvan 60% gesê het hulle glo dat Genesis en Eksodus historiese gebeure is wat werklik plaasgevind het. Toe, binne drie dae, het die stemtal toegeneem tot 25 000, met amper 100% ten gunste daarvan dat dit nie historiese verhale is nie! Nadat daarop gewys is dat dit ooglopend “poll-crashing” was, en hoe dit plaasgevind het, is die uitslag tog behou en het Jean Oosthuizen dit selfs geadverteer onder Kerkbode-aanlyn nuus!
Kletskerk
Die webmeester en moderator: Jean Oosthuizen, (www.kletskerk.co.za) “’n Voorbeeld van die misbruik van die “seisoen van luister” is die webwerf  Kletskerk. Ateïste, Godloënaars en –lasteraars en mense van ander gelowe soos Boeddhiste en Moslems word toegelaat om hul sê te sê onder dekmantel van vryheid van spraak. Die moderator doen geen behoorlike moderering nie en gebruik vryheid van spraak en ‘almal se opinies moet gehoor word’as verskoning.”
Verskillende items wat in Kletskerk geplaas is word genoem, dis ongelooflike snert, en Godslasterlik, en die ergste is glo in hierdie boek nie eers genoem nie.
Die Diversiteitsforum
Die sogenaamde Diversiteitsforum (webbestuurder: dr Charles Malan) het einde Mei 2010 sy verskyning gemaak op die NGKerk se webwerf (Dr Ben du Toit was een van die inisiëerdes van die forum). “Soos die Diversiteitsforum tot dusver bedryf is blyk dit om eenvoudig die doel na te streef om onbybelse liberale standpunte in die NGKerk in te voer.” Die forum se benadering word gehandhaaf deur die webbestuurder “met sterk ondersteuning van die teoloë drs Gerhard Bothma en Fanie Cronjé.” “Talle van die Bybelgelowiges se skrywes is baie vinnig deur die webbestuurder verwyder, met die dikwels ongeregverdigde beskuldiging van belediging of ontoepaslikheid, terwyl talleBybelliberales se bydraes behou en aangeprys is, ondanks selfs Godslasterlikhede.”
Ten slotte
Koerante, radio en TV is nie eers hier genoem nie, terwyl  ons weet watter berekende aftakeling van Bybelse waarhede in veral die koerante gedoen word. Nou loop dwaalleraars en sekulêre  media hand aan hand, besig aan ‘n  gemeenskaplike taak. Hopelik kan die Trojaanse perd in die NG Kerk ‘n sterk teenreaksie veroorsaak. Mag dit so gebeur!

Sunday, January 9, 2011

'n Plan met slaggate

Ekskuus vir die Engels, maar het dit al verskeie kere in Afrikaans gepropageer maar kan nie nou die briewe kry nie en kon ook geen reaksie kry nie


20 April 2010
The Minister Responsible for Roads
By Hand, through the VF party

Dear Sir
Marking of potholes
I have just read a letter in Beeld that in Italy they are painting potholes yellow so that people could see the holes. They say it can be done quickly and will warn motorists of such holes before the maintenance teams can do repair work. However, in my view, the painting of potholes inside must in many cases be done on loose gravel/soil, which will not show so clearly. It will also not help if the holes are filled with water.
I had an idea a few years back that should be better. Paint a white frame of 50 mm width (or 40 even 30 mm) width around a pothole. Such a white frame can easily be seen from far away because it is on the surface of the road. Also, white shows up better than yellow, especially at night. It will also be visible even if filled with water.
When repairing the pothole, the maintenance team chops away the white frame, making the pothole a little bigger, which is really no problem, and does not even add to the repair cost significantly. The repaired pothole will just show as a black patch as usual. By the way, it is these black patches of repaired potholes that looks just like open potholes. Open potholes are often mistaken for repaired potholes with bad consequences. This problem is, again, solved when open potholes have white frames.
I have tried to get this idea implemented, but have not been able to get to the right responsible persons. Now I realize that the idea would be better considered at the top (the minister) and given through to all the people responsible for road maintenance.
If this idea can become a South African way to deal with potholes, it will save many damages to motor cars as well as lives of people. The framing can be done quickly by a person driving along the roads with a few cans of spray paint. In the mean time maintenance teams can plan and repair potholes efficiently.
Therefore, I write this to you, the honorable minister. You could get engineers responsible for roads to try this out, and if all agree, enforce this for all tarred roads in the open fields and in municipalities.

Yours faithfully
WM van Heerden

Gedigte van Mimi Linde

Van Mimi Linde

Die volgende is gedigte van ons dogter,  wat in Swakopmund, Namibië woon. Sy en haar gesin (Jannie en drie seuns) is in die APkerk daar. Sy het eintlik geen naskoolse taalopleiding nie, is ‘n Wiskundige en gee ook rekenaarwetenskap. Maar sy het sommer lus gevoel om te begin dig.

Weggooi woorde
Verlorenheid
Op die speelgrond
Stom woorde
Iewers
Die gedigte
Verlorenheid
Ewigheid
Lag liggies wat dans
As die wind
ge)mis
Pomo
Verlang
En tog . .
Ek Petrus
Onderwyser wees
Skuldig of skuldig
Sommer net Ma
Menswees se misterie
Ek wou nog
Die antwoord
Die hol klank van weggaan
Ek kyk na buite
Met rustige reelmaat ??
Sy sit net daar
Sprakeloos staan ek
'n Klank van harmonie
Die klip van totsiens sê


weggooi woorde

In die nanag donker
weerklink verlate –
gedempte geluide in
stegies en strate

en stilstom ‘n vullisdrom
vol weggooi woorde
vergete verswyg
“gebêre” vir later



Verlorenheid

“Here, wie mag vertoef in U tent?
Wie mag woon op U heilige berg?”

“Hy wat opreg wandel?”
Spore lê sigbaar en
hande lê bloot.
Versluierde mense,
verskans agter dade
teen loerende lense.

“Hy wat suiwer van hart is”
‘n Tweesnydende swaard
wat weerloos ontmasker
verskuilde agendas,
gevoelens, gedagtes,
begeertes en vrese,
gekoesterde drome
met eie addendums.

Ek kniel sonder woorde
sonder verweer,
om te mag huil
as ek bid, O Heer.




Op die speelgrond

Lewensvreugde -
dit weerklink
in die kommerlose klanke
van kinderstemme
dit word ‘n helder speelbal -
bonsend in die klein kokon tussen
vergete gisters en veraf môres

maar êrens
in die roesemoes -
geïsoleer
‘n afvlerk voëltjie,
 toegekokon
in gister se seer



stom woorde

Hoekom word
woorde van waarde
dikwels verfrommel
deel van ‘n ashoop
se vergete rommel?

Wat is die
waarde van woorde
wat só stom is
dat dit dinge regmaak
wat skeef trek
en krom is?



Iewers
(3-3-2011 geskryf)

iewers wuif grassade in die morewind
en glinster die son in druppels dou

dáár in die oopte
waar ek my siel kan vind
in die ruimte waar ek  weer
soos ‘n kind kan glo

daar is ‘n wydte
wat die hart verruim
waarin die engtes
van menswees
verdwyn

in eenvoud word stiltes
klinkklare stondes
van kosbare
herrinering


Verlorenheid
“Here, wie mag vertoef in U tent?
Wie mag woon op U heilige berg?”

“Hy wat opreg wandel?”
Spore lê sigbaar en
hande lê bloot.
Versluierde mense,
verskans agter dade
teen loerende lense.

“Hy wat suiwer van hart is”
‘n Tweesnydende swaard
wat weerloos ontmasker
verskuilde agendas,
gevoelens, gedagtes,
begeertes en vrese,
gekoesterde drome
met eie addendums.

Ek kniel sonder woorde
sonder verweer,
om te mag huil
as ek bid, O Heer.

 4-08-2010

Ewigheid

afgeëts in dagbreek kleure
duine wat golf tot waar
die dag ontwaak
en grou-grys die golwende
deinings tot dáár
waar die son wegraak

en iewers spoel die son uit
saam met die hemel
in branders wat breek
skuimwit en blou

aan die hemel raak ek
met die son aan my voete

net ‘n stonde - my spoor
geëts in die sand

6-07-2010


Lag liggies wat dans

Twee oë, vol blou lag liggies wat dans
na die kamers van gister wat lê, diep verskans.
Twee blou ogies vol trane wat opkyk na my,
toe ‘n soentjie genoeg was om die seer weg te kry.

Die seunsstem wat diep deurslaan net soos sy Pa,
dit eggo in die kamers van gister se dae.
En ek hoor die brabbeltaal vol verwondering
oor ‘n ontdekkingstog wat so pas begin.

Twee lomp seunshande wat reeds vat soos ‘n man
en gister se grendels kom breek, onbeplan.
Twee klein baba handjies wat my vinger vasvat
aan my menswees wat is, in die punt van my hart.

As die lag liggies moet plek maak vir grootmens seer
en die soentjies van gister dit nié meer kan keer.
Sal ek kan laat los dat U hom dan dra,
en besef dat U werk deur die gebed van ‘n Ma.

30-06-2010

 
As die wind

As die wind saam met die môreson uit die ooste kom
om lewe te blaas in willose sakke
woordlose poppe in ruk-en-rol waansin
vasgevang in dansend dinamiek

en die branders beur en breek in trae gallop
met wilde wit maanhaar wat golf agterna
vandag se ridders al vegtend
kamerade van gister vergete

en die son en sand smee ‘n alliansie
met die woedende wind
wat die strate leeg laat
en my siel wees laat

dan vind ek skuilte in ‘n stille droom
van ‘n berg wat iewers in stilte troon

26-05-2010


ge)mis

soos mis voor die môreson swig
en mistroostig die aftog blaas
om wéér in die oggendskemer
opnuut  die son te vang

só die gemis
wat uit die niet
‘n dag se son
kom steel

18-06-2010




Pomo
(Postmodernisme)

waarheid sneuwel
 in ‘n doodloopstraat
want  in die voorste linie
vind ons skuiling
in die doodloopgraaf
van ‘n goeie  opinie
niks is meer waar nie
want almal is reg
vrees geen gevaar nie
want niemand is sleg
“Whatever” die slotsom
vir alles wat kortkom

en oppad na nêrens
word menswees
mensdom



16-06-2010

Verlang

Sonstrale struikel deur die môremis
wat my druppel sag omarm.
Gedempte klanke begelei
my eensame voetval,
wat iewers eggo
in ‘n holte van verlang.

31-05-2010

En tog…
Hy het geweet
die pad was uitgemeet
met bloed beskryf
in Sy Raadsplan bepaal
 self God maar
 in naakte menswees
van God verlaat
deur mense verag
alleen deur hel op aarde
met Sy kerk wat honend lag

en tog…

dié kruis het Hy opgeneem
dié pad het Hy gestap
met bloed bevlek
getrou tot die dood
Seun van God
Seun van die mens
deurboor aan ‘n kruis
gekroon met dorings
Sy bloed wat vloei
dié Koning van konings

20-05-2010

Ek, Petrus

die witwasem koue bondel ons saam
in die ligkring van ‘n kolevuur
die naamloosheid van skemerdonker
syfer weg  in dié voordaguur

oop hande koester die warmte
 in die kameraadskap van vreemdeling
in die skugter wegskram van één vraag
word nabywees ‘n marteling

dis wintervuurwarmte
Jy ken Hom mos?  Die derde maal
dis witwasem winterkoud
en vloekend bly ek Hom faal

toe ek opkyk
kyk Hy om

en iewers kraai ‘n haan

21-04-2010


Onderwyserwees

dag na dag word daar tot
 die droesem gedrink
uit my beker
my woorde  getel
en ek geweeg
te lig bevind

 om te mag put uit
die balsem van U beker
om te mag skuil
in die holte van U bors
tot my beker oorloop
in U kleinood se dors
 2104-2010
 
Skuldig of Skuldig?

bloeiend gegroei tot volle wasdom
dié doringboompie, iewers -  neffens ‘n pad
in rooigrond geanker, onstuitbaar die lewe
gevoed deur gawes van elke seisoen
so mild ontsluit in genade se groen

jaarringe verdik in ruwe bas wat rondom
‘n groeiende merk algaande toe kelk
vergete die letsel van doodbloei en opstaan
vervaag in die newels van opbloei en tyd
trots en voortvarend in oorlewing se stryd

“Dié doringboom staan in vooruitgang se pad”
sonder pleit of verhoor is die oordeel voltrek
verbrand, verneder tot as in die stof
deur kolekappers met flitsende lem
meëdoënloos gevel, tot die dood toe - getem

‘n aanklag
‘n weeklag
‘n enkel swart stomp
‘n merk met bloed
wat wegsyfer
in rooigrond
(Beeld geneem uit Totius se gedig: Vergewe en Vergeet)
13-04-2010 

Sommer net Ma

Flertse, flenters, flarde – woorde - ontoereikend min.
Hoe kan ek daarmee oor my Ma besin?
 Sy  - wie se lewe ek in my dra,
My Moeder, my Mamma of sommer net Ma

Haar lewe, as grootste geskenk het sy gegee,
vir haar – wil ek volg tree vir tree.
Sy was, wat ek hoop ek is - en sy is, wat ek graag wil wees
Onsigbare naelstring – gebonde in gees.

Onverbiddelik, onvermydelik gaan die tyd sy gang,
storms en winde - dan die kleintyd bang.
Kyk ek af, dan sien ek – soms baie dof – die spoor.
Kyk ek op, dan sien ek -  my Ma -  daar voor…

Daarom dankie Here, vir hierdie besondere Mamma Mens,
sommer net Ma - maar een waarvoor elkeen kan wens.
Dankie vir U lewe wat ek in haar sien.
Ek weet dit is U genade – onverdien.

 
8-10-09
Menswees se misterie

mymering gly soos sonstrale
koesterend maar ontwykend
verwarmend maar nie blywend
vasgevang in monoloog

verlig dan vir ‘n oomblik
verwese menswees
soekend na sin
in dáárwees

lê ontbloot voor God
die onbeholpe self
wat nie sin maak
sonder Hom

los spoortjies op daarwees se materie
ingeëts in menswees se misterie

8-10-2009
Ek wou nog

Ek wou nog swem na waar die son in die see wegsink
en saam met dolfyne in die branders baljaar.
Ek wou nog hardloop tot waar die horison wink
en môre reeds wag om te breek -  al klaar.

Ek wou nog ‘n straal van die son in my hart vasvang
vir winterwarmte  - ‘n stukkie somer.
Ek wou nog kind wees en na môre verlang
onbevange, onskuldig - vir altyd ‘n dromer.

Ek wou nog soek na ‘n verborge skat met ‘n stuiwer
en eensaam wonder oor ‘n droom wat kan.
Ek wou nog liefhê met hande wat huiwer
en saam-saam droom oor die wonder daarvan.

Soos seesand sif deur my vingers - loop tyd
“Ek wou nog”  - die dag is dáár op te gryp
8-10-2009

die Antwoord

branders breek blou in wit wasige skuim
wat uitspoel in repies ragfyn kant
wat wegsyfer tot niks in die sand

flenters flits vlietend soos grepe uit gister
wat oorspoel in soet-seer onthou
en langsaam verdroom in donkerder blou

onkeerbare deining van golwe gevoelens
wat oopspoel onbeantwoorde vrae
vervaag deur die tyd se aftel van dae

onverstoorde siklus van tyd
en wisselend die gety se gang
wat wegspoel gister se foute begaan
en al wat oorbly dié Antwoord
aan ‘n kruis reeds gedaan
8-10-2009

Die hol klank van weggaan


die huis ego die kinders se lag
en ek lag saam
as ek dit geniet

.... maar ek weet dis verniet


die huis ego die diepte van jou stem
en my hart klop
as ek op jou wag

.... tevergeefs tot in die nag


die huis ego die klank van musiek
en daar’s ’n knop in my keel
as ek doelloos dwaal

.... vir die heel laaste maal


die huis ego die hol klank van weggaan
en ek huil saam
as ek inklim en ry

…. maar my hart agterbly

29-04-2009
Ek kyk na buite

Ek kyk na buite - teen die buurman se muur vas.
Die mis vorm druppels teen die venster se glas.
My vingers volg die druppeltjies in hul baan,
en siender oë word dit fyn spoortjies wat traan.

Geluide gedemp deur die mis se kombers,
maar woorde beur na buite, vers op vers.
Mis vee afstand uit,  bring oos en wes bymekaar,
maar woorde skep ruimte waarin emosie bedaar.

Die leegheid in my is die verlang om te vergeet
van afstand tussen oos en wes wat jy nie kan meet.
Die wolke wat vry aan die hemel hang
maak dit  moeilik om te vergeet van verlang.

Ek verlang na die oopte so wyd en vry
en die troupant wat op die draad skoppelmaai ry.
Na die berg en die blou wat in die verte ontmoet
en die oggend voëlsang wat elke dag begroet.

Ek verlang na skoonheid van die Damara Dik-dik.
na die versigtige onskuld in die skugter blik.
Na die pilare van klip teen die hemel se blou,
‘n daaglikse wonder in sy eenvoud ontvou.

Ek verlang na die stilte wat nesmaak in my
en die holte vul met ‘n vrede wat bly.
Na die aandskemer wat toevou soos ‘n donskombers,
God se genade brandend - die pit van my kers.

29-04-2009
met rustige reëlmaat, brander op brander.
waar die sand, die see omhels
die wind en die weer saam gesels
daar los my voete spore die een op die ander

swart en wit spatsels teen vandag se grys
seemeeue wat saambondel in hul vlug
waar mis en see saamsmelt in die lug
daar waar my voetspore net tot more wys

flitsende grepe van gister se tree
die see het die blou van die lug weerkaats
die blou en wit van die branders was maats
daar is my voetespore klaar uitgevee
29-04-09
Sy sit net daar

Sy sit net daar
in die niet en staar
haar oë
sien nie
praat nie
lewe  nie

‘n Geknakte gees
in gebroke vlees
alles gebeur
om haar
met haar
sonder haar

Lief-mens, maar wat is daar oor
haar menswees het iewers verloor
wat
doen sy
dink sy
droom sy

Soms, net soms, skemer dit deur
en haar menswees gebeur
dan
lag sy
leef sy
het sy lief

Geboë vir ‘n oomblik, elke dag
U woord is haar krag
sy ken
U nabyheid
U genade
U liefde

U alleen kon dit keer
moet ons daaruit leer
om
dankbaar te lag
afhanklik te leef
hoopvol te huil
29-04-2009

Sprakeloos staan ek..

Donker en dreigend, die wolke wat hang.
Dwarreln’d en rukkend, die winde maak bang.
Druppels wat driftig in die stof kom ontplof.
’n Namibiese storm is half onbeskof.

Watertjies kabbel tot ‘n bruisende stroom.
Blitse wat vlietend die wolke omsoom.
Donders wat sidderend die terasse laat bewe
’n Namibiese storm laat alles weer lewe.

Reënvlae trek toe soos ’n digte gordyn.
Dit laat voor my oë die uitsig verdwyn.
Ek steek my hand uit om daaraan te vat.
‘n Namibiese storm kom lê in jou hart.

Maar skielik – begin die gordyn weer oopskuif,
met agteros druppels wat al dansende wuif.
Saam met die son wat sy arms lui-lui oopsprei,
is nog ’n Namibiese storm verby

Stippeltjies rooi en spatsels groen lower,
reëngoggas en gras begin die wêreld omtower.
In skoonheid begin nog ‘n wonder ontvou.
‘n Namibiese storm laat ons God’s almag aanskou.

Sprakeloos staan ek voor U grootheid, o Heer,
Eerbiedig buig ek in my nietigheid neer.
Dankbaar dat U deur U Woord so beskik,
’n Namibiese storm om my siel te verkwik

3-02-2009
‘n Klank van harmonie

My voetval gehoorsaam ritmies die grense van pad.
Natuur, liggaam en siel smelt saam,
terwyl die oggendsimfonie van stilte
aan my siel kom vat…

My gedagtegang reik buite grense van wat mag wees.
Skakerings van kleur, klank en gevoel,
wanakkoorde onwillekeurig geëts,
op ‘n skoon blad van my gees…

O, Here dit is U alleen wat perk en grens  daar stel.
Skeppingswoorde dwing wanakkoorde in harmonie.
Hoe voelbaar mooi, U het gespreek
en dit was daar, op U bevel.

My moeë liggaam gebonde aan grense van dit wat kan.
Maar ek,  ek hardloop ligvoets en vry,
en los woorde vorm los akkoorde,
‘n klank van harmonie - onbeplan.
14-01-2009


Die klip van totsiens sê

Dit lê in my hart, onbeweeglik - ‘n klip.
Ek wil dit
optel
en uitgooi
maar dit bly my ontglip.

Ek sien spatsels van oranje gemeng met blou.
Ek wil dit
aanraak
en vashou
strale - ontwykend wat die berge toe vou.

Ek hoor die kras geskree van die tarentaal.
Ek wil dit
onthou
en wegbêre
geluide – die wysie van ‘n lewens verhaal.

Ek proe die droë grond wagtend op reën.
Ek wil dit
omspit
en diep delf
lewe – ontvanklik vir die Here se seën.

Ek ruik die vryheid van die hemelse ruim
Ek wil dan
opstyg en
en wegvlieg
drome – onbereikbaar soos ‘n veraf kruin.

Ek voel die streel sagte lig van die volle maan.
Ek wil dit
vasgryp
en vasvat
maar in my hand – lê daar net ‘n traan.

Ek ervaar mense se liefde en onvoorwaardelik gee.
Ek wil dan
omdraai
en teruggaan
na warmte – wat toevou en dra elke tree.

Ek beleef die emosie van afskeid se smart
en ek besef dis
vir oulaas
tot eendag
die klip van totsiens sê wat lê in my hart.

14-01-2009