Tuesday, September 17, 2013

Uit boek van CS Lewis

Uit die boek van CS Lewis “The Pilgrims regress, Christian reflections en God in the doc” (TWL)


Hierdie is aantekeninge wat vir my interessant was, uit bogenoemde boek. Dis nie na die tyd georden nie, maar sommer net soos wat ek dit geskryf het as ek iets vind. Lewis kan sy standpunte op ’n besondere manier stel. [Willem, 17 September 2013]

Professor DMS Watson het gesê (soos aangehaal in 1943) Evolution is accepted by zoologists not because it has been observed to occur or . . . can be proved by logical coherent evidence to be true,  because the only alternative, special creation is clearly incredible,” Bl 232. Dit is in elk geval ‘n hipotese.
Daar bestaan egter die mite dat—populêre evolusie—dat alles verbeter (eskalasie mite), al is die teengestelde meestal waar in biologiese evolusie. Die evolusie mite is al gestel deur Keats Hyperion amper 40 jaar voor die Origin of Species. Die tragiek van die evolusionêre mite is nooit meer edel gestel as deur Wagner in sy Wotan, en die ‘raptures’ nooit meer onweerstaanbaar as in sy Siegfried. Hy het verstaan wat hy skryf, dat “die drama toon die nodigheid om die noodwendigheid van verandering raak te sien en jouself daaraan te onderwerp, die verskeidenheid, veelvoudigheid en eternal novelty of the Real. Dit is die eerste bewys dat populêre Evolusie ‘n mite is, [bl 231, 232]. 
Biologiese evolusie is ‘n hipotese wat oor veranderings gaan. Die Mite gaan oor verbeterings, van dinge wat voorwaarts en opwaarts beweeg, (alles anders sal geïgnoreer word), dinge soos rede uit skreeue en snorke, organies uit die anorganies, die sterrestelsel uit een of ander soort sop, ens. So sal ook die huidige dinge verder verbeter. Vir hulle wat hiermee groot geword het is niks meer aanvaarbaarder as dat chaos sal verander in orde, dood in lewe, ignorance in kennis ens. [bl. 233, o].
Beskrywing van die onmoontlikheid van kanse wat lewe voortbring [bl. 234-35]—‘n lagwekkende gedagte.
Lewis sê hy hou van mites, en in die sin hou hy ook van hierdie mite. Hy sal dit dus bêre waar hy al sy feetjie mites sit. Maar as mens dink en redeneer is dit alles nonsens. Die teenoorgestelde is waar.

Historisme

Bl 243 Dis waar mense ‘n soort  “innerlike waarheid” agter die gebeure in die geskiedenis kan raaksien deur gebruik te maak van hul natuurlike vermoëns, van intelligensie, geleerdheid ens.--iets bokant die feitelike. Lewis sê dis nonsens.

Diverse

Geloof [bl. 275]. As die Here Jesus praat van ’n geloof groot genoeg om die berg te versit, bedoel Hy nie werklik ’n berg nie, maar wel iets groots. Byvoorbeeld, as ek sê ’n persoon se hart is gebreek bedoel ek tog nie die fisiese nie, maar dat hy ’n geweldige skok gehad het.
Bid in Christus se naam [bl. 277, b].
Bybelse kritiek  Kritici wat beweer dat mense in die tyd wat skrywers geleef het nie so duidelik verstaan het wat geskryf is nie, terwyl dit nou vir moderne mense meer duidelik is, is onsinnig, dwaas. Waar die kritici wonderwerke nie aanvaar nie, is dit maar ’n opinie soos van ’n gewone mens. Honderde kritici se opinies in die verband is niks werd nie.Dit dra geen groter gesag as enig iemand anders nie. Omdat hulle bv. nie voorspellings aanvaar nie, beweer hulle altyd dat dit op ’n later datum plaasgevind het en dus nie voorspel was nie [bl. 284].

Lewis het ondervinding van hoe verbygaande die ‘sekere gebruike’ van moderne geleerdes is, hoe gou dit ophou om modern te wees. . . Daar was bv. Engelse geleerdes wat bereid was om Henry VI op te kerf in ’n halfdosyn skrywers, maar dit word nou nie meer gedoen nie. . . Daar is teorie op teorie op teorie. As die eerste een ’n waarskynlikheid het VA 90%  en elkander dieselfde dan is die uiteindelike waarskynlikheid baie klein [bl. 286]. . . hoe sal jy weet dat iets simbolies is as jy nie onafhanklike toegang het tot  die gebeure  om vas te stel nie [bl. 288 m].

Ptolemy het reeds gesê dat “die aarde in verhouding tot die afstand van die sterre, het geen beduidende grootte en moet hanteer word as ’n wiskundige punt [bl. 350, b].

Lewis sê dat die moderne wetenskap het nader gekom aan die skepping deur te aanvaar dat daar ’n begin was. Vroeër is geglo dat dit van altyd af bestaan het [bl. 322]. Natuurwette het nooit iets voortgebring nie, dit is net die patroon hoe gebeurtenisse plaasvind. Die bron wat dit aan die gang sit moet elders gesoek word [bl. 352].

Wetenskap is studie van die natuur. Hoe kan jy vasstel dat daar iets buite die natuurlike is, as jy die natuur bestudeer?[bl. 348]

The Grand Miracle! Moet gelees word [bl. 354].

Bybel die waarheid
Evangelie nie mite [bl. 368].
Dit is moeilik om voor ’n gehoor die waarheid van die Christen boodskap tuis te bring want hulle dink gewoonlik jy beveel dit aan omdat dit “goed” is. Dit is baie belangrik om die waarheid te beklemtoon, elke keer as die vrae jou in ander rigtings druk. Daar is nie iets soos matig waar nie. Dis of heeltemal waar of vals. As dit vals sou wees is dit van geen belang nie. Maar heeltemal waar is dit van oneindige belang [bl. 368].

Gebed
Pascal het gesê dat God gebed ingestel het om Sy skepsels te gee die waardigheid van verband tussen oorsaak en resultaat. Die Here het aan mense die waardigheid gegee om die gang van gebeure op twee maniere te beïnvloed (1) aksie (om positief te werk of of om jouself kwaad aan te doen), en (2) gebed, binne die perke van God se oorhoofse plan. Gebede word nie altyd, in die oppervlakkige sin, beantwoord nie—nie omdat dit te swak is nie, juis omdat dit te sterk is.  Wanneer dit werk werk dit sonder beperking van ruimte en tyd [bl. 371-372], daarom kan dit gevaarlik wees.
    
Goeie lewe sonder Christus?
Daar is wat op die oog af voorbeeldige lewens gehad het, soos Sokrates of Confucius en ander, wat nie geweet het waaroor die lewe gaan nie en ook nie van die Christen boodskap nie, maar dis anders vir persone wat vandag sulke vrae vra.

In die Christen boodskap word aanspraak gemaak op die volle waarheid; dus nie ’n soort patente medisyne wat jou sal help en wat goed vir die gemeenskap is nie. Dit verskaf feite oor die mens, oor die heelal en alles wat daar is [bl. 373, m]. Dit lyk dus dat die persoon wat die vraag vra nie wil ondersoek om te weet of dit waar is of nie. Dit is soos iemand wat nie na sy bankstaat wil kyk nie omdat hy bang is wat hy daar sal sien. So ’n gedrag sprei deur die hele lewe—wil probleme weg skuif, ’n stomp word van sy geestelike skerpsinnigheid. Hy het sy geestelike maagdheid verloor [bl. 375, m].

Net moraliteit is nie die einde nie. Dit word nie oorboord gegooi nie, maar in die goddelike lewe ingesuig. Ons word nuut gemaak—kinders van God!

Die idee om ’n goeie lewe te hê sonder Christus is gebaseer op ’n dubbele fout: ons kan dit nie doen nie en tweedens, deur die ‘goeie lewe as doelstelling te hê mis ons die hele punt van bestaan [bl. 376]!

Islam is die grootste van die Christen sektes en Boeddhisme is die grootste van die Hindoe sektes [bl. 369, b]. En beide is eenvoudiger as waaruit hul stam [bl. 221,o]. Materialisme is ’n filosofie vir seuns. Die suiwer morele sisteme soos Stoïsisme en Konfusianisme is filosofië vir aristokrate [bl. 221].
"Dik" en "dun" godsdiens in beide Hindoeïsme en Christendom. Die dik van Lewis is blykbaar die meer oordrewe imosionele [TWL bl. 369].

 Eienaardig stel hy dat panteÏsme op die langtermyn vyandig teen natuur is [bl. 400, m].

Rousseau, die vader van die totalitarians, het gesê, van die Christendom, “ ek weet van niks meer teen die sosiale gees nie.” (I know nothing more opposed to the social spirit). Lewis suggereer hier ook dat Christene neig om meer kinders te hê as ander wat dan uiteindelik dinge sal regkry [bl. 380].

In Boeddhisme is die leerstelling van onsterflikheid sentraal, maar daar is niks spesiaal godsdienstig aan nie [bl. 387]. Juis verlossing van onsterflikheid, nie uitgelewer te word aan reïnkarnasie is die werklike kern van hul boodskap. Die bestaan van gode is nie noodwendig ontken nie, maar is van geen godsdienstige belang nie. In stoïsisme is godsdienstige kwaliteit en onsterflikheid veranderlikes, maar wat nie verander in direkte verhouding nie. . . Met die Christengeloof het God die mense eers opgelei om Hom te ken en lief te hê en dan later—die belofte van onsterflikheid. . . hierdie is heilige paradokse wat nie te gou aan die menslike geslag vertel moet word nie.
Deur enigsins te dink beteken dat dit nie ’n natuurlike aksie is nie [bl. 393, m].
Islam en  Godsdiens sonder dogma [bl. 394, b, ook bl. 395].

Eienaardig stel hy dat panteïsme op die langtermyn vyandig teen natuur is [bl. 400, m]. 
’n Uiteensetting van waarom die Evangelie nie mite is nie [bl. 406, o]. Dit is nie kunstig genoeg om mites te wees nie. Uit ’n verbeeldings oogpunt is dit lomp (clumsy), dinge word nie reg opgewerk nie. Min word gesê van Jesus se lewe en persone wat ’n legende opbou sal nie toelaat dat dit gebeur nie. Daar is niks in die literatuur van oudheid wat soortgelyk is aan die Vierde Evangelie nie, selfs nie eers in die moderne tyd nie, tot omtrent 100 jaar gelede toe die realistiese roman geskryf is nie. Die kuns om ’n ontoepaslike handeling te skep wat ’n gebeurtenis in verbeelding meer moet beklemtoon is moderne kuns. Die enigste verklaring is dat die persoon wat dit geskryf het dit moes gesien het.
Wonderwerk: Inmenging/ingryping by die natuur deur ’n bonatuurlike wese [bl. 420,b]. Dit is foutief om te sê dat ’n wonderwerk is die afbreking van natuurwette.
Lewis sien rondom hom die immorele, naïewe, sentimentele, panteïsme. Hy het dikwels gevind dat dit die hoof obstruksie is teen bekering [bl. 421, m].

Eersterangse kennis van iemand wat geskryf het, in die verlede, is beter as tweede of derderangs deur ander latere skrywers. Dis makliker en genotvoller.  Lees dus ook boeke van die oudheid. Baie interessante inligting oor skrywers word gegee in “On the reading of old books” bl. 434.

Vandag word baie uitsprake gemaak oor onderwerpe waar die skrywer nie ondervinding van het nie. Hoe kan jy praat oor liefde, godsdiens, moraliteit, ens. as jy nie binne-in gewees het nie [bl. 443}.
Lewis oor sy bewuswording van Christen wees: “Ek sou sê die grootste dwingende aksie is ook die vryste aksie. Wat ek daarmee bedoel, is dat geen deel van jou buite die aksie is nie. Dit is ’n paradoks, wat ek probeer verduidelik het in ‘Surprised by joy’ dat ek besluit het, maar dat dit werklik nie gelyk het of die anders kon wees nie [bl. 477, o].

Solank die Christendom baie aanhangers het deur die beeld van net soete goedheid en liefde sal daar nie veel opposisie wees nie. Ons moet onthou dat enigeen wat Christenskap aanvaar, wat ’n mate van belangstelling daarin het en selfs ’n groeiende intellektuele aanvaarding het, is heeltemal anders as bekering. Bekering vereis ’n verandering van die wil, wat ‘in the last resort’ nie sal verander sonder die inwerking van die bonatuurlike.

. . Dis eintlik die evangelis prediker wat die groot rol speel en ons ‘intellektueles’ sal nie veel regkry nie, al het ons ’n rol. . . Ons moet verder onthou dat ’n wydverspreide lewendige belangstelling in ’n onderwerp is presies wat mode is. En die aard van modes is dat dit nie hou nie. Hy noem ’n paar sulke modes in beskouings wat by Oxford maar kort tydjies gehou het. Dis soos dit gaan met met alle bewegings, modes, intellektuele beskouings en ander. . . Maar ’n Christen beweging bestaan ook uit iets stewiger as net die oppervlakkigheid van smaak. . . Gewoonlik  is daar aanvanklik niks teen ’n Christen beweging nie, maar later as die werklike betekenis van die Christen aanspraak, totale oorgawe, die pure kloof tussen die natuurlike en die bo-natuurlike, duideliker is, voel mense ‘beledig.’ Mense hou al minder van jou, naderhand haat hulle. Dan sal dit Christene dit begin ontgeld deur werk te verloor ens. [bl. 449-450].



No comments:

Post a Comment