Tuesday, September 17, 2013

Godsdienste en wêreldbeskouings

Godsdienste en wêreldbeskouings

Analitiese Filosofie
Baie filosowe het nou besluit dat die rol van filosowe nie meer is om waarheid te vind nie, want dis nou die taak van die wetenskap. Filosofie sal help om die terme duideliker te stel. Dit word dus ‘n metode om konsepte te analiseer en die taal waarin dit gestel word [SL bl 160, m]. Hierdie tipe van filosofie het Amerikaanse filosofie in die twintigste eeu gedomineer [SL bl 160, m].

Animisme
Die aanbidding van geeste wat hul in natuurlike verskynsels bevind.

Boeddhisme
Die grootste van die Hindoe  ‘heresies’ dwalleer
Christelike
Empirisisme
En realisme
Christen empirisisme erken die waarde van sintuiglike sonder dat realiteit beperk is tot wat die oë sien. Verder aanvaar dit ook die onsigbare geestelike ryk van waarheid, goedheid, skoonheid en liefde.

Christen rasionalisme erken die waarde van rasionalisme sonder om die waarheid te beperk tot idees wat kom uit die gevalle menslike rede [SL bl 140, b].


Chrstene en
Flosofië en
Wetenskap

Constructivism
Waarheid is ’n sosiale konstruksie. Waarheid word gemaak. In onderwys: kinders moet hulle eie realiteit konstrueer!{TT bl. 242]

Deconstructionism
Vertolking van skryfwerk is nie om skrywer se bedoeling te vind nie.

Dit het begin as ‘n metode van literêre kritiek, maar word nou toegepas op alle tipes skryfwerk, insluitend wette. Volgens deconstructionism vertoon taal nie betekenis (wat impliseer dat daar ‘n bonatuurlike stuk van waarheid is); eerder is taal ‘n sosiale konstruksie. Enige geskrewe stuk vertoon (dikwels teenoorgestelde) sosiale en kultuurkragte, ten doel om uiteindelik ‘n sosiale groep se mag te bevorder. Vertolking beteken nie wat die skrywer bedoel het nie, maar om die onderliggende mag-verhoudings te ontbloot [HNL bl 404, m]. Dit het ook by vertolking van wette uitgekom.

Determinisme
Alles wat mense dink of doen word in ‘n masjien tipe aksie bepaal . Vryheid of vrye keuse is ‘n illusie [HL bl. 164, m].

Eksistensialisme
“Existence precedes essence.” “Essence” is ‘n voorafbestaande ideaal. Dus, “bestaan kom voor identiteit (wat ‘n mens is in sy hele wese).” Die eksistensialisme is ‘n beweging gesentreer om individuele bestaan waar mense verantwoordelikheid vir hul eie dade aanvaar en hul eie toekoms bepaal, maar dit gaan ook oor veel meer as dit (Uit “By” 27 Ok 2012).

Hulle het beweer dat daar nie so iets is as ‘n universele menslike natuur nie, omdat daar nie ‘n god is nie. Daarom, o.a., is daar nie so iets soos morele riglyne nie. Sartre se beroemde slagspreuk is “mense is  veroordeel om vry te wees.” Mense moet maar aan die diep kant inspring en eie keuses maak soos wat die lewe aangaan (SL bl 221,225).

Kierkegaard, die Deense Lutheraan, is die vader van eksistensialisme. Met Karl Barth het die eksistensiële metode in teologie ingekom.

Eksistensiële
Teologie                    
Kyk na Neo-ortodokse teologie
Empirisisme
Alle kennis word verkry deur observasie. Anders gestel: observasie is die uiteindelike standaard waarteen alle waarheid aansprake getoets word. Daar is natuurlik niks verkeerd met empiriese metodes nie, maar empirisisme as filosofie kan nie bewys word nie [UP bl. 38, m].
Gaia hipotese
Dis voorgestel deur die Brit James Lovelock: Die aarde met alles daarop wat lewe is een enkele lewende organisme, ’n self regulerende sisteem, wat die omstandighede vir lewe kontroleer en in standhou [BA bl. 37, m].
Historisisme
Die verabsolutering van geskiedenis/ Byvoorbeeld, die siening in die geskiedenis dat idees produkte is van ontplooiende gewoontes [kultuur evolusie].
Die geloof dat mense met hul natuurlike intellek ’n interne betekenis in geskiedenis kan raaksien. Dis nie 'oorsaak' en 'gevolg' begrippe wat die historikus gebruik nie, dis iets wat die historisis as ‘n bonatuurlike noodwendigheid raaksien. Waar Hegel in geskiedenis die progressiewe self-manifestasie van die absolute gees sien, is hy 'n historisis. Waar evolusie 'n beginsel word van interpretasie van die geskiedenis, is dit 'n vorm van historisisme. In Keats se geskrif verskyn 'n presiese voorbeeld van historisme:
'tis the eternal law
The first in beauty should be the first in might, [TWL bl. 243, b, Lewis].

Daar is niks wat nie buite die historiese proses staan nie.

Historisisme beweer die Bybel is nie Goddelike openbaring nie. Dit is net menslike konsepte van God, wat met die tyd ontplooi van eenvoudig tot kompleks. Die eerste fase is animisme. Die volgende stadium polytheism (baie gode), dan henotheism (een hoofgod soos Zeus of Olympus), dan monotheism (een god). Die finale stadium is die etiese monotheism van profete soos Amos en Hosea, wat geleer het dat God nie net een is nie maar ook heilig [SL bl 196, b].


Humanisme
Tans: Alles draai om die mens sonder die bonatuurlike, dus sekulêr.

Dit kan baie betekenisse hê. Aanvanklik in renaissance die oplewing van klasieke studie. Vanaf die Franse rewolusie, die beklemtoning van die mens sonder die bonatuurlike. Later, al hoe meer geïdentifiseer met die sekulêre. Maar, daar is blykbaar ook godsdienstige humanisme waar een of ander godsdiens by betrek word.

Islam
Die grootste van die Christen ‘heresies” dwaalleer [TWL bl. 369, b].
Instrumentalisme
Die definisie van idees as gereedskap om sosiale doelstellings te bereik
Marxisme en kommunisme
Mense is inherent goed. Die geskiedenis is ‘n dialektiese proses van tese, antitese en sintese (‘n siening, die teenstrydige siening van dieselfde objek/onderwerp, en die oplossing) wat aanhou en daardeur hoër vlakke van lewe veroorsaak. Maar, in die plek van ‘dialektiese idealisme’ het hy ‘dialektiese materialisme’ gebruik omdat hy ekonomiese kragte gesien het as die motor wat geskiedenis aandryf tot ‘n gestelde ideaal. Hy het vyf stadia van sosiale ontwikkeling gesien, en wou vanaf die vierde (kapitalistiese) oor beweeg na die ‘klaslose,’ gemeenskap (kommunisme). In hierdie dogmaties-ateïstiese gemeenskap moes ontslae geraak word van alle godsdienste, wat hy beskou het as die “opium van die mense,” of, die “sug” van elke onderdrukte individu.

Naturalisme/
Materialisme
Die fundamentele realiteit bestaan uit materie waar onpersoonlike natuurlike kragte optree. Die heelal is die produk van natuurwette.  Die mens is niks anders as biologiese wesens wat deur evolusionêre kragte geproduseer is.  

(Terloops :Alle dinge het hul identiteit van God. Vir mense geld die morele wette en vir die materiële dinge die wette van die natuur (TT bl 84, +3). Die verskil tussen die twee is dat mense moet kies om te gehoorsaam terwyl die natuur die natuurwette moet gehoorsaam (volgens Calvyn).

Neo-Marxiste
Multiculturalism, feministe, en politiek-korrektheid word neo-Marxist genoem omdat hulle Marx se manier gebruik om hul onderskeie doelstellings te bevorder, van hulself bewus te maak, en om die juk van die onderdrukkers af te gooi.

Neo-Ortodokse
Teologie
(Eksistensiële
Teologie)
Hierdie liberale teologie,  [NO], het ’n verdeelde beskouing van die waarheid: (1) Godsdiens in ’n aparte kokon of, sê  maar boonste vlak [die gebied van nie-rede],  en (2) Wetenskap, geskiedenis, kosmos [die gebied van rede].

In die gebied van die rede het die Bybel  foute, veral wat geskiedenis en skepping betref. Nogtans kan die Bybel in die gebied van nie-rede ’n godsdienstige ondervinding gee. Alle godsdiens word op die boonste vlak bedryf. Daar is egter nie plek vir bespreking nie, net arbitrêre stellings wat kan varieer soos die situasie dit vereis [HL bl 177, m].

Daar is in ’n sekulêre beskouing ook ’n dubbele gebied waaruit ’n sprong gemaak kan word na die boonste vlak van nie-rede, wat as ’n “groot ondervinding” bekend is. Hierdie ondervinding kan nie omskryf word nie, selfs nie vir die persoon wat dit sou hê, self nie.

Hierdie teologie het ’n soortgelyke sprong wat op die oog af lyk of dit meer substansie het. Maar NO gebruik net godsdienstige woorde om dit kommunikeerbaar te laat lyk.

Neo-Platonisme
Plotinus (205-270 NC): Uiteindelike realiteit is die onpersoonlike een waaruit alle bestaan vloei, waarnatoe dit weer strewe om terug te keer. Hierdie ‘vloei aksies’ is in die vorm van ’n soort dalende of wyerwordende stroom—eerste die idees, dan die siel en laaste materie, later bekend as die Groot Ketting van Bestaan. Daar is geen wesenlike onderskeid tussen skepper en skepsel nie. Alhoewel die goddelike beeld stroomaf al hoe dowwer word, het alles wat bestaan godheid, anders kan dit nie bestaan nie. Dus is ook  ‘n mens se fisiese (materiële) liggaam (die dowwer deel) nie so goed nie, waarvan ‘n mens moet ontsnap d.m.v. asketiese gebruike. Dit is van die eerste formele stellings van panteïsme [BA bl. 36, o]. (TT bl. 385, 3). [Grieks: pan—alles, theos—god].

New Age
Die mens self is die hoof realiteit van New Age, die eie identiteit, die eie ek wat sy bewussyn moet verhoog om te besef hy is God. Wanneer die “self” besef hy is een met die kosmos, het hy die uiteindelike doel bereik: kosmiese bewussyn [EcH bl. 193].
Die hart van New Age is panteïsme. Die realiteit is onpersoonlike geestelike kragte.
Dis ’n volledige wêreldbeskouing wat die drie hoof vrae beantwoord.
Waar kom ons vandaan en wie is die mens? Die mens kom vanaf die Universele Gees, ’n onpersoonlike god of geestelike krag wat onderliggend aan alle dinge is.
Wat het verkeerd gegaan? Die mens het sy ware natuur vergeet, vergeet dat hy deel is van God.
Wat is die bron van die mens se  verlossing? Die mens moet weer sy ware natuur ontdek en weer skakel  met God binne-in. [HnL, bl. 268, o].
Daar is geen sonde nie, net ’n gebrek aan verligting. Mense moet die mistieke kennis van hul binne-godheid herwin, die bewussyn opgradeer. Daarvoor is daar allerhande metodes, vir dié wat dit wil doen, soos meditasie, ontspanning oefeninge, gebruik van kristalle, verdowingsmiddels ens. Die herwinning is om eenheid met God te soek deur grense van die ‘self’ te laat oplos. Dan kan glo uit hierdie goddelike krag getap word om, byvoorbeeld, meer kreatief te wees, meer energiek  en in staat om siekes gesond te maak.
Hier is weereens die eskalasie mite waar die goeie mens goed is en homself nog kan verbeter deur een of ander ding te doen.
Panenteïsme
(Process Theology)

Dis ’n soort kompromie tussen godsdiens en panteïsme. Dit ontken dat God ewig en bonatuurlik is, maar identifiseer hom nie met die materiële heelal nie. Inplaas daarvan is God en die heelal afhanklik van mekaar; God het die wêreld nodig want die wêreld bestaan alleen deur sy kardinale krag en die wêreld het God nodig, want dit kan nie bestaan sonder die kardinale krag nie.
God is ‘n goddelike gees wat in en met die wêreld ontplooi, evolusie van die wêreld en ’n god. Die kosmiese en ons lewens is deel daarvan (TT  bl.  236, m). Alles is in god, nie soos panteïsme wat sê ‘alles is god’ nie, dus panenteïsme. Die fisiese wêreld is ‘n uitvloeiing (emanation) van God se wese (essence) is. Proses teologie leer dat soos ons keuses maak wat ons lewensvorme bepaal, so vorm ons god ook en sy ondervindings omdat ons lewens vaste vorm gee  aan die goddelike lewe. Ons is dan nie net mede skeppers met god nie maar ook mede skeppers van god.

Panteïsme

Alles is god, alles is goddelik. God is ’n onpersoonlike gemeenskaplike gees of krag wat die fisiese wêreld deurtrek, waarvan ook alle mense deel is—’n  poel van algemene spiritualiteit waarna almal kan vloei (TT bl 388) (Ech bl 192, L).
Nirvana is die eenwording van die individu se gees met hierdie universele substratum van alle dinge, om jou individualiteit te verloor in die panteïstiese Een (TT bl 147, 2).
Lewis sien rondom hom die immorele, naïewe, sentimentele, panteïsme. Hy het dikwels gevind dat dit die hoof obstruksie is teen bekering [TWL bl. 421, m]. Eienaardig stel hy dat panteÏsme op die langtermyn vyandig teen natuur is [bl. 400, m].



Positivisme:
(scientism)
Waarneming van sintuie is die enigste toelaatbare basis vir presiese kennis en denke. Kan ook die beklemtoning van praktiese bo die ideale wees. Of: wetenskap is nie net meer ’n metode van ondersoek nie. Dit is verhef tot ’n wêreldbeskouing , (scientism). Wat nie deur die wetenskap bekend kan word nie, bestaan nie.
Postmodernisme
Post-modernisme ontken die koue rede en het  ’n  wollerige  toegeeflikheid tot alle waarhede aanvaar.  Geen godsdiens of wêreldbeskouing is beter as ’n ander een nie.
Daar is geen objekte waarheid of betekenis nie en mense is vry om  eie waarheid te skep. Hulle kan ook op hul eie manier ’n geskrewe stuk vertolk want dis irrelevant wat die skrywer se oogmerk was. Alle vertolkings is ewe geldig. Dit hang af van jou beskouing.
Die mens self is outonoom en definieer self realiteit en maak wat hy wil. Waarheid word gemaak, nie verkry nie. Dis nie daar buite êrens nie, dis ’n sosiale/menslike konstruksie soos al die fisiese dingetjies wat mens aanmekaar timmer. [TT bl. 242].
Feitlik alle beskouings en godsdienste kan hieronder tuis wees behalwe dié wat aandring op slegs eie waarhede.


Pragmatisme
Dis ’n kombinasie van  (1) historisisme—die definisie van idees as produkte van ontplooiende gewoontes (kultuur evolusionisme).  
 (2) instrumentalisme—die definisie van idees as gereedskap om sosiale doelstellings te bereik.
Kultuur evolusionisme word aangebied as geheel en al naturalisties. Maar hul beskouing was nie deterministies nie (dat gemeenskappe onvermydelik deur dieselfde stadia’s van ontwikkeling gaan). Hulle glo in die die “oopheid” van die wêreld. By die laer vlakke van kompleksiteit vind ontwikkeling plaas d.m.v. kanse (soos Darwin), maar by die hoër vlakke, by mense, is “keuse” weer die sleutelwoord. Die onvoltooide, nie-deterministiese wêreld laat ruimte vir mense om realiteit te skep deur hulle vry keuses (TT bl 235).

Hierdie idees word gebruik om sosiale doelstellings te bereik.
Realisme:
Waarheid kan ontdek word deur ‘n individu deur sy sintuie  (Descartes, Locke, Thomas Reid).  Lyk my dis eerder ’n kombinasie van empirisisme en realisme, wat staan teenoor die romantiese.
Reduksionisme
Takel enige begrip of ding af tot by sy wetenskaplike onderbou. Reduksionisme is ’n filosofiese term wat begin deur te sê dat, wanneer enige verskynsel ondersoek word, is die wetenskaplike verduideliking die enigste  geldige een wat beskikbaar is. Dit is soos verskillende wetenskappe wat mekaar verduidelik. Psigologie kan verduidelik word kragtens biologie, biologie i.t.v. chemie en chemie i.t.v. fisika. Huidig is die meeste belangstelling daarin dat ook die geestelike is ‘reducible’ na fisika. Toegepas op die manifesto artikel [BA bl. 165, bo] sê reduksionisme dat mense niks anders is as samevoegings van materie en kan daarom verduidelik word i.t.v. atome en molekules [HL bl. 164, m]. Blykbaar is Reduksionisme ook ’n redusering van die komplekse . . . na een gedagte [SL bl. 244, o].

Relativisme
(Nie relatiwiteit)
Kennis is relatief, nie absoluut, so ook morele waardes [BA bl. 170, b]. Dit is ’n hoofstroom denke vandag. Niks is waar, alles is toelaatbaar.
Romantisisme
In Romantisisme is morele idealisme hoog gestel –die realiteit van die gees Romantisisme was ‘n reaksie teen die industriële revolusie, teen aristokratiese sosiale en politiese norme van die era van verligting en teen wetenskaplike rasionalisasie van die natuur.

Teleological
In die moderne tyd word die bestaan van ‘ontwerp’ as argument gebruik vir die bestaan van God. Dit is die teleological  argument, wat beteken: die beskouing van dinge as betekenisvol aangepas vir hul doeleindes. Om intelligente ontwerp in die heelal te sien, is om die heelal teleologically te sien. Maar intelligente ontwerp is nie bewys van die “skepping” van dinge nie, net van die ontwerp daarvan. Byvoorbeeld, ou murasies is ‘n bewys van ontwerp, nie van maak/skep van die materie daarvan nie (CH bl. 102, 1).

Utilitarianisme

Verligting:
Met die verligting het die klimaks van outonome rede aangebreek. Verligting het menslike rede as die pad gesien na universele waarheid en universele moraliteit; eerder dít as tradisie, geloof, of openbaring. Met die verligting het die klimaks van outonome rede aangebreek, wat later as wetenskaplike materialisme geïdentifiseer is [TT bl 101,  ].
 Daar het eintlik twee skole van filosofiese denke ontstaan, die een vir die outoriteit van die sintuiglike, en die ander een, die outoriteit van die rede, die eerste, empirisisme en die tweede, rasionalisme.
Empirisisme: sintuig ondervinding is die enigste bron van kennis. Bou daarop  nadat van alle vorige beskouing ontslae geraak is [volgens Bacon]. Fokus op die feite van die natuur, daaruit kan stellings gemaak word en uiteindelik wette. Die outoriteit van die sintuie.
Rasionaliste: Alle kennis is gegrond op rede. Volgens Descartes weet jy jy bestaan. Dis die begin waarop voortgebou moet word. [SL bl 138-139]. Die outoriteit van die intellek.



No comments:

Post a Comment