Monday, December 3, 2012

Hegel filosoof

Georg Wilhelm Friedrich Hegel (1770-1831)
Opgestel deur Willem van Heerden, Januarie 2014

Samevatting
Hegel se filosofie kan kortliks soos volg saamgevat word:
  1. Hegel kry uit geskiedenis iets ekstra binne-in/denkbeeldig wat nie deur gewone intelligente, aardse oorweging van die feite gesien kan word nie—dis sy historisisme. Sy idees hou verband daarmee.
  2. Die heelal, en ‘n mens se verstaan daarvan, ontwikkel voortdurend. Dit is ewolusie.  Maar, sê hy: “die gees alleen is realiteit.” Die ontwikkeling is dus “kultuur ewolusie.”
  3. Geen idee is absoluut waar nie. Wat  op 'n tydstip waar beskou word moet plek maak vir 'n hoër waarheid op 'n later stadium. Dis ewolusionêre groeiende waarhede, of kultuur ewolusie.
  4. ’n Sintese idee word verkry tussen twee teenoorgestelde idees (tussen tese en antitese), maar in opvolging is daar weer binne die sintese ’n nuwe tese en antitese. “Dialekties” hou die verbetering van idees oneindig so aan . . . tese, antitese, sintese . . .
  5. Godsdienste het hul tyd gehad en moet plek maak vir Hegel se filosofie, wat Absolute Idealisme genoem word. Tog het hy ook ’n godheid, die Absolute Gees wat in die wêreld is (panenteïsme, god is in die wêreld).
  6. Die Universele [Absolute Gees] is te vinde is in die Staat. Die Staat moet ge-eer word as die manifestasie van die godheid op die aarde en sy wette is dus onaantasbaar. Binne die staat kry groep-belange voorkeur bo dié van enkelinge.
  7.  Mense is inherent goed, het net leierskap (die Staat) nodig om hulle na perfektheid te lei [BA bl. 71].

Meer besonderhede
Hegel, ‘n Duitse filosoof, sien ’n ekstra binne/denkbeeldige-betekenis in die geskiedenis, bo die normale feitelike (historisisme, volgens Lewis). Dan verabsoluteer hy hierdie siening en verhef dit tot 'n enkele omvattende beginsel van interpretasie van die hele realiteit.

Volgens Hegel is die opeenvolgende filosofieë deur die eeue deel van ‘n voortgaande dinamiese proses. Hierdie proses word gewoonlik dialekties genoem; Geen stelling oor die realiteit kan die werklikheid presies weergee nie. By die hart van so ’n stelling is daar ’n teenoorgestelde stelling—teenoor tese ’n antitese. Interaksie tussen tese en antitese produseer ‘n sintese; hierin is weer ’n teenstrydigheid wat ’n nuwe tese voortbring en ‘n antitese en daarna ’n sintese. Die volgorde van idee-vorming word voortdurend herhaal. Hy noem sy “triad:” ‘Being’, ’Not-Being’ en ‘Becoming’ [Bestaan, Nie-Bestaan, en Wording, begrippe wat filosowe al 2400 jaar gelede gebruik het] wat alle bestaan beheer [Hierdie voortgaande verandering is ook die ontwikkeling van die Absolute Gees, wat lei na die uiteindelike bestaan van volledige self-bewuste denke (BA bl 61). Dus ontvou die heelal en ‘n mens se verstaan daarvan dialekties.

 Kortliks, die heelal en sy bewussyn—die mens—ontwikkel (HL bl 162, o). Dit is in ander woorde, “ewolusie.” Maar, hy sê dat gees alleen realiteit is, en praat hy eintlik van “kultuurewolusie.” Dit kom daarop neer dat verandering saamgaan met die ontwikkeling van die Absolute Gees.

Geen idee is absoluut waar nie. Wat  op 'n tydstip waar beskou word moet plek maak vir 'n hoër waarheid op 'n later stadium. M.a.w. dis ewolusionêre groeiende waarhede.

Volgens Hegel het godsdienste hul tyd gehad en moet plek maak vir sy filosofie wat Absolute Idealisme genoem word. Maar, dit is nie ’n god wat buite en bokant die wêreld is nie, maar wat homself openbaar as ‘n Wêreldgees, die binneste wese van natuur en bewussyn—panenteïsme, god is in die wêreld (nie panteïsme nie: alles is god, alles is goddelik).  Panenteïsme is ook al deur filosowe 2500 jaar gelede gestel] (BA bl 61).

In die ontwikkeling van sy stelsel word die individu as minder belangrik gestel. Een van sy radikale stellings is dat die Universele [Absolute] te vinde is in die Staat. Die Staat is die goddelike Idee wat op die aarde bestaan. Die Staat moet dus ge-eer word as die manifestasie van die godheid op die aarde. Die Staat is die beweging van God in die wêreld. Dit is nie moeilik om te sien nie dat diktators van die toekoms hierna gegryp het nie (BA bl 61) .

Volgens Lewis is die filosofie van Hegel ’n “slaaf filosofie,” en word “die wette van die Staat ’n absolute (vas, onaanraakbaar)” [TWL bl. 514, 517].

Kommentaar
Volgens Hegel toon die geskiedenis aan dat daar ’n geleidelike proses van ontwikkeling in die wêreld is wat progressief van laer na hoër vorms beweeg. Die belangrikste deel van die ontwikkeling, die realiteit, is die ewolusie van idees (kultuurrewolusie). Hierdie begrip is Hegel se historisisme, waar hy in die geskiedenis dinge ‘sien’ wat nie bewys kan word nie. Veral, maklik om raak te sien, is dat idees eerder voortdurend heen-en-weer- beweeg as progressief beter wordend.

Die Bybelse waarheid,
God se openbaring, staan as antitese, as absolute waarheid waarteen veranderende wêreldse norme gemeet kan word. Hegel aanvaar dit nie. Volgens hom word waarheid gevind in sintese, in ’n kompromie tussen idees. Mense soek vandag oral sintese en sien daardeur nie maklik objektiewe waarhede vas raak nie.

Gevolge
Dewey was hoofsaaklik verantwoordelik vir die aftakeling van die Weste se skole stelsel. Hy het gesê “Hegel het ’n deposito by hom gelos.”

Marx het sy idee van die inherente goedheid van die mens en dialektiese veranderings van Hegel gekry, (by Marx was dit egter nie idees nie, maar ekonomie), waaruit kommunistiese idees ontstaan het, met katastrofiese gevolge:

Solzhenitsyn vertel dat die tronk kampe in Rusland tot 15 miljoen mense op ’n keer aangehou het en dat vanaf die begin van die rewolusie tot 1959 ’n totaal van 66 miljoen gevangenes gesterf het [HL bl. 212, b].

Die Marxis, Pol Pot, het in Cambodia, tussen April 1975 en Januarie 1977, meer as 1 500 000 mense vermoor, ’n vyfde van die populasie. Behalwe die gelowiges, was sy doel om die stedelike elite uit te delg en om aan die ‘peasants’ mag te gee.

Daar is mense wat beweer dat vanaf die begin van die Russiese rewolusie tot 1990 sowat 85 tot 125 miljoen mense deur Staat Owerhede vermoor is. Dis waarskynlik meer as almal wat in die geskiedenis van die mensdom doodgemaak is [BA bl.72, o].

Bronne
Die letters, aan die einde van ’n skrywer se naam bv. (XY), word in die geskrewe stuk as verwysing gebruik. Partymaal is die inligting so vervleg tussen skrywers dat net ’n algemene verwysing gegee word.

Blanchard, John. “Does God believe in Atheists" [ble 636, 2de uitgawe, 2011], (BA)
Schaeffer, FA. “How should we then live,”  1976 . . . 2005, (HL)


No comments:

Post a Comment